Seemeeu November 2018

Seemeeu November 2018

NG Kerk Gansbaai

Jeugbasaar 

 Die jaareinde Jeugbasaar het op Vry-dag 26 Oktober 2018 plaasgevind. Dit was die heerlikste “kapperjolle” en daar is gespeel, ge-eet, gelag en die kinders en grootmense het heerlik basaar gehou.

Baie dankie aan elke kind, onderwyser, kategeet, ouers  en helpers vir die pragtige geleentheid. Ongeveer R11,000.00 is ingesamel.

Kersmark 2018: Gansbaai NG Gemeente

 Linda Cilliers en haar span is hard besig met die finale reëlings vir die jaarlikse kersmark. Die 15de Kersmark sedert 2004, vind plaas vanaf 8 tot 22 Desember in die Pretoriussaal. 140 uitstallers van oral, selfs so ver as Pretoria, Bloemfontein, Port Elizabeth en Vredendal, bring die beste en mooiste handgemaakte unieke geskenke vir oud en jonk, asook ‘n verskeidenheid produkte wat nog nie voorheen op die Kersmark uitgestal is nie. Daar is eetgoed vir elke smaak en fynproewer. Ons versoek weer gemeente-lede om asb. vrywillige diensbeurte te doen. Die besprekingsboek is in die kerkkantoor en by die Vrydagmark beskikbaar. Besoek gerus die Kersmark se Facebookblad en ons webblad vir inligting en foto’s. Baie dankie aan almal wat so onbaatsugtig by ons Kersmark diens doen en hulp van watter aard ookal verleen. Ons glo dat die Here ook hierdie jaar sy seën daarop sal laat rus.

Kersmark-kafeteria 2018: Diens van Barmhartigheid

Drie jaar gelede het daar ‘n behoefte ontstaan by die kantore van die Maatskaplike Dienste, (wat ons kosteloos op ons kerkterrein huisves) aan’n Administratiewe beampte wat nie meer deur die staat gefinansier word nie. Inkomste uit pannekoekbak-verkope was nie meer genoegsaam nie. Ons het die Kersmark-kafeteria begin bedryf om vir hierdie pos fondse te genereer en ook so een van ons lidmate van werk te voorsien. Dankie aan almal se bydraes, hetsy om by ons te kom eet, of om van ons wegneem pannekoeke te koop of om ons te voorsien van ‘n koek of ‘n tert. Vanjaar gaan alle pannekoekverkope se fondse, waarmee ons verlede jaar R22 000 ingesamel het, oorgedra word aan die boufonds van Herberg-aan-See om die siekeboeg te vergroot. Enige donsasies, bv. n koek, tert, vleis, pak meel, sal waar-deer word.  Ons grootste behoefte tans is egter pannekoekbakkers en rollers. Kom bied asseblief julle hulp aan. Navrae: Francia 028 3840262 of 082 5513613

Jagpakket ten bate van die Bediening Barmhartigheid

‘n Weldoener het aan die gemeente ‘n jagpakket van etlike duisende rande geskenk, wat die Kerkraad goed gedink het om te vermeerder deur lootjies te verkoop. Die Bediening Finansies het dit weer op hulle beurt goed gedink om die winsbedrag van ongeveer R24 000.00 oor te dra aan die Diens van Barmhartigheid bediening om dit na goedunke te bestee (soos hulle met alle ander fondse doen). Geen druk is op die bediening geplaas om dit dadelik te spandeer nie. Die eerste uitgawe sal wees om vir bejaardes wat gebuk gaan onder ‘n klein maatskaplike toelae te help met skoonmaakmiddels wat normaalweg ‘n groot gat uit hul inkomste neem. Dan is daar ook ‘n behoefte geïdentifiseer vir mediese matrasse met lekbestande-oortreksels (waterproof) beide by Herberg-aan-See en Silwerjare. ’n Bedrag is ook toegeken vir die Kerskoepons aan ons noodlydendes wat Kersfees alleen is, sodat hulle iets lekkers vir die feesgety kan koop. Dankie vir elkeen se bydrae en voorbidding.

Herberg-aan-See Boufonds

 Tans is die nood vir laaste jare versorging van ons plaaslike  inwoners ‘n groot nood!  Almal wat eers hier wortel geskiet het, wil nie hier weggaan nie.  Help ons asseblief!  

Ons moet dringend aanbou by die siekeboeg van die ouetehuis, maar hiervoor word etlike miljoene rand benodig. Maak asseblief uit u begroting vir volgende jaar ‘n bydrae tot hierdie fonds. Of doen u eie klein fondsinsameling, bv. vra al u vriende wat na u verjaardag kom om liefs ’n geldjie te skenk ipv tjoklikts, rooiwyn, ens. en betaal dit in by die boufonds. Nooi ‘n paar vriende vir ‘n braai of ‘n tee en vra hulle om ‘n donasie te maak. Skenk R100.00 en daag al u vriende uit om dit dan na te doen. Asseblief help!

Die bejaardes van ons dorp het u nodig!

Party bly in haglike omstandighede, maar is te trots om hulp te vra. U kan ‘n verskil maak! Doen dit jaarliks sodat ons hierdie fasiliteite kan voltooi asb!! - Francia

Seemeeu November 2018

Redaksie Seemeeu

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Sports Update: Youth Games and Girls Rugby Progress

Gansbaai Sports Update: Youth Games and Girls Rugby Progress

EduDen and the Butterfly Centre enjoyed a sports day of games and races on the Stanford Village Green. 

Grootbos Foundation
Anger Control and Emotional Healing Coaching

Anger Control and Emotional Healing Coaching

This is for you if anger is costing you more than you want to admit.

SASSA DATES FOR APRIL 2026

SASSA DATES FOR APRIL 2026

The South African Social Security Agency (SASSA) will be in the Overstrand on the following dates from 09:00 - 15:00.

3 Bedroom House For Sale in Gansbaai Central: R1,905,000

3 Bedroom House For Sale in Gansbaai Central: R1,905,000

3 Bedroom home with beautiful wooden flooring.

Anger Is Not the Problem

Anger Is Not the Problem

Anger is not the problem, suppressed anger signals unmet boundaries and becomes destructive when not understood or expressed healthily.

Printing, Courier and Stationery in Gansbaai

Printing, Courier and Stationery in Gansbaai

Looking for reliable, fast, and professional services for school or business? Look no further than PostNet Gansbaai.

PostNet Gansbaai
See All Articles