Seemeeu 2/2019 : Sinodesitting

Seemeeu 2/2019 : Sinodesitting

NG Kerk Gansbaai

Weskaap Sinode 2019 by Goudini

Tydens die week van 13 tot 17 Mei het ons drie leraars en drie afgevaardigdes (Hannes Cilliers, Kris Jooste en Ilse Kloppers) die sinode bygewoon. Ons was deel van ongeveer 750 mense wat daagliks bymekaargekom het. Die sinodegangers het rondom tafels gesit en baie gesprekke het rondom die tafels plaasgevind, sodat almal gevoel het hulle neem deel. Wat ons opgeval het is hoeveel jong dominees leiding geneem het met ons dagwydings en in gesprekke. Dit gee ons baie hoop vir die kerk van die toekoms. Ons is met behulp van verskillende media ingelig oor wat die NG Kerk in die Weskaap die afgelope 4 jaar by betrokke was. Die sinodegangers is diep onder die indruk gebring van ons verantwoordelikheid rondom die ekologie, ekonomie en Vroeë Kinderontwikkeling ter wille van die toekoms van ons land. Ons is ook gedurig herinner aan die waardes van die sinode wat vloei uit die belydenis: “Ingenooi deur God en daarom een in die Gees en gelyk langs Christus.” Hierdie oortuiging reflekteer in die manier wat jy met ander omgaan wat anders is as jy. Ons het amper 8 ure ‘n dag gesit en was baie verlig as ons sommige aande tyd gehad het om te gaan week in die baddens van Goudini. Jy kan nie so ‘n sinode bywoon en nie bewus word van hoe diep die spore die kerk in elke gemeenskap in ons streek  al gelaat het nie.

Seemeeu 2/2019 : Sinodesitting

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

When Another Relationship Comes to an End

When Another Relationship Comes to an End

There comes a point after another relationship ends when the silence becomes almost unbearable.

Help.CBD for Dogs, Cats and Pets at The Pet Grocer Gansbaai

Help.CBD for Dogs, Cats and Pets at The Pet Grocer Gansbaai

Your pets are part of the family, and their health and happiness are important. At The Pet Grocer Gansbaai...

The Pet Grocer
Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 July 2026.

Gansbaai Golf Club
Grootbos Foundation Teams in the Fynbos

Grootbos Foundation Teams in the Fynbos

We decided to take a short walk in the fynbos so that all the teams of Grootbos Foundation could hang out together in the fynbos.

Grootbos Foundation
Mandela Day Celebration | Saturday, 18 July 2026

Mandela Day Celebration | Saturday, 18 July 2026

Join us this Saturday for a vibrant community market filled with local flavour, delicious food, and live entertainment!

Quality Pork Rashers

Quality Pork Rashers

Take your breakfast, braai or sandwich to the next level!

Prime Cuts Meat
See All Articles