Sending: Ons Taak

Sending: Ons Taak

NG Kerk Gansbaai

Sondag 4 Augustus 2019  

Teks: Handelinge 8:1-8

Vandag is Sendingsondag. Dit is as deel van die kerk se program om darem tussen alles deur die gemeente bewus te maak van sy sendingtaak. Ons lees opnuut daaroor uit die Bybel om ons te orienteer. Daar is pragtige gedeeltes  uit die Skrif om ons te help orienteer, maar die vers in Handelinge 1:8 kan ‘n mens nooit genoeg lees nie. “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees in Jerusalem en Judea en Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld”. Ons dink vanoggend weer na oor hierdie teks.

Ek wil die teks bietjie opbreek in die volgende: 

Maar julle...

en julle sal My getuies wees, in Jerusalem asook Judea en Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld

en ook krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom

eers dan... julle sal My getuies wees.

Die veertig dae voor die hemelvaart was vir die dissipels ‘n tyd van gemeenskap met Jesus. In die tyd het Hy aan hulle die insig gegee in Sy verlossingswerk. Maar dit was nie al waarom dit gegaan het nie. Dit was ook die tyd dat die verheerlikte Heer aan sy gemeente die groot opdrag gegee het om hierdie evangelie van die koninkryk in die hele wêreld te gaan verkondig. Daarby wil ek sê om oortuig te wees van die Here se verlossingswerk, dus om ‘n dissipel van Jesus te wees,  beteken dan ook om geroep te wees om vir Christus ‘n getuie te wees. In hierdie verband wil ek aansluit by wat Prof Willie Jonker al jare terug  gesê het met ‘n Pinksteroordenking. In die Bybel word die woord roep dikwels gebruik om aan te dui dat die Here mense uit hulle verlorenheid wegroep na die verlossing. Dit is egter deurgans so dat die woord ook ‘n  tweede betekenis het wat onafskeidelik daaraan verbonde: die roeping tot diens van God. Hy voeg by dat die gemeente van Christus bestaan nooit sonder meer as die gemeenskap van verloste mense nie, dit is altyd tersefdertyd ook die gemeenskap van gestuurde mens. Gestuur om die evangelie aan ander te gaan verkondig. Vir Christus was dit ‘n saak van soveel belang dat die Nuwe Testament vyf keer vertel dat Hy voor Sy hemelvaart aan die apostels die opdrag gegee het om as sy getuies in die wêreld op te tree. Mat 28:10, Markus 16:5, Lukas 24:48, Johannes 20:21, Hand 1:8.   Om ‘n Christen te wees, is om ‘n getuie vir Christus te wees. Dit is ‘n saak waaroor ons geen keuse het nie. ’n Mens kan nie ‘n Christen wees, maar jy sê dat jy niks met die sendingtaak van die kerk te make wil hê nie. Die opdrag tot sending behoort tot die wese van die kerk. Die kerk deel in die sending van Christus self. Die kerk wat sy getuienistaak verwaarloos, is ‘n kerk wat gestagneer het, wie se lewe troebel word soos ‘n poel water wat geen in en uitvloei het nie.  Wanneer die kerk  verstrengel raak in aardse belange, wanneer die kerk tot ‘n volkskerk word wat sy hande vol het met die belange van ‘n bepaalde volk of groep, wanneer die kerk ‘n politieke of maatskaplike funksie begin vervul  as die bevestging van die bestaande waardes van ‘n gemeenskap of as die bereiking van aardse ideale en meer sy primêre opdrag verstaan as om die boodskap van verlossing deur die bloed van Christus te verkondig nie, is die kerk ontrou aan sy eie wese. Daarop sê ek amen. Mooier kan ‘n mens die primêre opdrag van die kerk nie verwoord nie. Daarom, dit is sendingsondag, word ons almal opnuut  hiermee gekronfonteer: is dit wat ons Christenskap vir ons beteken? Nie net oortuig van ons eie verlossing nie, maar as gestuurde om van hierdie boodskap te gaan getuig. Die van u wat die fliek, Ds Tienie, gesien het, sal verstaan dat dit ‘n aangrypende fliek is wat juis die vraag vra of die kerk met dit waarvoor hy geroep is besig is. In die fliek word die worsteling van ds Tienie  aangrypend uitgebeeld as hy gekonfronteer word met die persoon wat op die kerk se stoep kom. As  die persoon sterwe, besef hy dat die kerk eintlik ‘n plek van redding moet wees. Daar is so baie dinge wat kan maak dat die kerk op ‘n syspoor beland. As die tuinier vir hom sê dat hy nie almal kan red nie, besef hy dat hy en die gemeente nie naastenby genoeg ingestel is om aan ander die evangelie te bring nie. In die fliek word dan ook mooi voorgestel hoe ‘n verandering  in die optrede van die gemeente sou kom. Dit is ‘n fliek wat ons juis konfronteer of ons besig is met dit waarvoor ons geroep  is.

Die vraag is altyd nie of die Here jou en my wil gebruik nie; dit is ‘n gegewe. Die vraag is eintlik waar. Dit word so mooi deur Jesus aangedui, daarom is die volgende woorde so veelseggend, in Jerusalem... sowel as Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Waar moet gelowiges die Here se getuies wees? Waarop kom die woorde neer? Van Jerusalem  sowel as Judea. Die antwoord is voor die liggend. Dit het nie alleen gegaan om die verlossing van Israel nie, maar om die hele wêreld. Jesus se opdrag aan die dissipels om in Jerusalem te bly en te wag op die gawe van die Gees, het by hulle die verwagting geskep dat die koninkryk van God  binnekort sou kom. Daarom vra hulle Hom of Hy in hierdie tyd die koninkryk van Israel gaan oprig. Daarmee praat hulle toe nog die taal van die ou bedeling. Daarom is die antwoord so veelseggend van Jesus. Niemand weet wat die tyd van die koms van die Koninkryk is nie, en voeg Hy by dat dit om meer gaan as Israel. Dit gaan om die hele wêreld. Dit gaan om die vervulling van die belofte van Abraham. Dat in hom al die geslagte van die aarde geseën sal word. Christus wil rondom ‘n gemeente vergader volgens die woorde van Openbaring 5:9: “uit elke volk en taal en nasie” Daarom is die verhaal van die sending vanaf Jerusalem en tot in die uithoeke van die wêreld. Die woorde van Jerusalem tot die uithoeke sê so mooi - ver en naby, daarom. Dit hang eintlik af waar die Here jou en my roep, party naby, ander ver. Hy bepaal die plek in die wêreld. Daarom moet ons ook nie ver en naby teenoor mekaar stel nie. Dit is eintlik so nodelose redenasie. So bv  werk Christo Wooding in die Oos Kaap en Bongikosi en Lourens - hulle in Noord-Natal, daarom werk Ernst Toerien in Thailland. ‘n Baie goeie vriend van my se dogter en skoonseun doen sendingwerk in Papwa N Guinee. In baie afgesonderde omstandighede met die ondersteuning van ‘n Nederlandse sendingorganisasie. As jy sou vra,  sal julle dit weer doen, ja, want die Here het hulle geroep. En watter ongelooflike werk doen hulle nie. Ons bid vir hulle en ondersteun hulle graag, want die werk wat hulle doen is eintlik ook  ons taak. Ander werk weer in Jerusalem en Judea en Samaria.

Meer plaaslik, die plaassending is so kosbaar. Daarom is die  gesprekke hier met  ongelowiges so kosbaar. Ek besef dat ons dit nie mag verwaarloos nie. Die Here bring ook hier mense op ons pad. Maak ons van die geleentheid gebruik om teenoor hulle te getuig? Iemand sê nou die dag dat die Here baie vreemde mense in ons omgewing bring... tot op ons drumpel. Wat maak ons daarmee? Wat maak ons met die talle kerkvervreemdes in ons midde?  Dit bly ‘n moeilike taak om uit te reik na kerkvervreemdes. Laat ons vandag onsself  net afvra: Waar wil die Here ons gebruik? Nie of hy ons wil gebruik of nie...

Dit bring ons by die laaste punt van ons teks, die woorde: “maar julle sal krag ontvang as die Heilige Gees oor julle kom”  Waarop kom dit neer? Met hierdie woorde sou Jesus verwys na die uitstorting van die Gees op Pinksterdag, en dit beteken soos Prof Willie Jonker so mooi sou sê, dat die bevrydende en verlossende krag van Christus deur die Gees op die aarde vrygestel sou word om die gemeente van Christus uit alle volke en tale en nasies te versamel. Die Heilige Gees is uitgestort  om die gemeente toe te rus vir die  getuienistaak waartoe Hy hulle geroep het. Vir my het dit nog altyd beteken  dat die oortuigingswerk  nie van my afhang nie, maar van die Gees se werking. Ons is slegs instrumente. Hierdie wete is bevrydend in die sin dat dit dit nie ten diepste van ons afhang nie. Paulus se woorde in die verband bly darem die norm: Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering het ek na julle toe gekom. Die boodskap wat ek verkondig het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God. Watter troos is dit dat dit nie van ons ten diepste afhang nie, maar van die werking van die Gees. Dit is in die Here se hande. Dit is natuurlik  in die algemeen van ons almal se dienswerk ook in die kerk waar, ook as ons preek. Watter troos vir predikante is dit nie. Dat hulle die Woord bring en dat die Here die groei sal gee. Luther het in die verband gesê as hy klaar gepreek het gaan hy huis toe om ‘n bier te drink... want die Here sal verder sorg! Maar dit is ook  ‘n diepe troos as ons bang en onseker is. Die moed en krag wat die Gees ons gee, ook in moeilike situasies waar keuses gemaak  moet word, waar twyfel gesaai word en die evangelie belaglik gemaak word.

Laat ons vandag onthou om ‘n Christen te wees is om ‘n getuie vir Hom te wees. Laat ons ons beskikbaar stel waar die Here ons wil gebruik en laat ons die Here dank dat Hy ons die krag daarvoor gee deur die werking van die Gees.

Sending: Ons Taak

Ds. Dirk van Dyk

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles