Preek 22 Maart 2020

Preek 22 Maart 2020

NG Kerk Gansbaai

Preek 22 Maart 2020

Skriflesing: Jesaja 40: 1; 25-31 (lees gerus hele Jesaja 40)

Ek glo ons is almal vanoggend die bewus daarvan dat dit anderste tye is. Ons voel in ons harte ‘n onsekerheid oor wat more gaan bring. En ons is bang. In die ruimte voor God Drie-Enig te kan erken: Here dit is hoe ek nou voel.

Deur die eeue het God nog altyd in tye van angs en benoudheid met ‘n trooswoord gekom. Vanoggend sien ons ook in die doop ‘n herinnering aan God se genade en guns.

Ek wil graag aansluit vanuit ons teks by ons tema van die maand. Die tema is dat God die “Gasheer van die gebroke skepping” is. Hy bly sorg te midde van ramp en onsekerheid.

Jesaja 40 het verskillende momente. Vers 1 begin letterlik met ‘n opdrag van God om sy volk te troos. In die Hebreeus staan daar letterlik: “Troos, troos my volk”. In die Engelse vertalings: “Comfort, comfort my people”

Die woorde kom na die volk ver in ballingskap, waar hulle al begin twyfel het of God hulle wil en kan red. Hier kom die profeet met die goeie nuus dat hulle ballingskap amper verby is. Hy gee opdrag dat (in Hebreeus) daar sagkens (tenderly) met die volk gepraat word en hulle getroos word. Die woord troos het egter nie die bloot die betekenis van iemand wat jou optel en jou trane afvee nie, dit beteken eerder om te bemoedig en te versterk. Ons kan dit aflei van die woord “fort” in die engels “comfort” (Latyn: comfortare). In Psalm 23 lees ons tog dat God se stok en staf my “vertroos”.

Dit is wat ons aan herinner moet word: God bemoedig, God gee krag. Dit word versterk in verse 25-31, waar God herinner dat Hy as Skeppergod nie vergeet het nie en sal krag gee. Hy vra dat hulle sal kyk na die natuur en herinner word wie dit gemaak het. Ek wonder of ons in tye van ramp en ekologiese vernietiging nie miskien hoop verloor het in God die skepper nie? Omdat ons nie meer die skepping vertrou nie.   

Jesaja wil sê die hoop lê juis daarin dat God die Skepper is omdat God nog altyd getrou was aan sy skepping en skepsels. Omdat Hy ons gemaak het en liefhet sal Hy krag gee.

Nooit belowe God dat niks slegs sal gebeur nie. Hy beloof wel sy troos, bemoediging, krag en nuwe moed elke dag. Hoekom? Dit is wat doop ons vanoggend aan herinner. Nie omdat ons dit verdien nie, maar uit sy vrye guns omdat sy liefde vir ons groter is as ons ontrouheid.

Dan is dit goed om te onthou dat in die Johannesevangelie Jesus met sy afskeidsboodskap aan die dissiples hulle bemoedig deur vir hulle te verseker dat Hy hulle nie as weeskinders agterlaat nie. Hy sal sy Parakleet stuur. Die Heilige Gees is die Parakleet, maar die woord beteken ook in Grieks die Trooster. Weer eens hoor ons woorde van bemoediging. God haal ons nie altyd uit ‘n situasie nie of laat die sleg verdwyn nie, maar te midde gee Hy vir ons krag en moed daar waar ons s’n opdroog. Hy wat bemoedig en troos sluimer en slaap immers nie.

Preek 22 Maart 2020

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles