Covid-19 Virus

Covid-19 Virus

NG Kerk Gansbaai

Covid-19 Virus

In die lig van die vinnige verspreiding van die Covid-19 virus het die dagbestuur besluit om voortaan alle normale werksaamhede van die gemeente te staak vanaf Maandag 23 Maart.

Ons is daarvan oortuig dat ons as gestuurdes van die Here die verpligting het om ons eie en ons naaste se lewe te beskerm, omdat ieder en elk waardevol is in die oë van die Here. Ons word opgeroep in Johannes 10:10 tot "die lewe en dit in oorvloed". In die lig hiervan is ons oortuig dat die weg van die evangelie nie 'n blindelingse soeke na my eie behoeftes is nie, maar die soeke na die lewe in oorvloed vir almal. Ons kan daarom nie anders, as om daarvan oortuig te wees dat die evangelie ons as gelowiges tans oproep om mekaar te beskerm nie.

Tydens die pandemie van 1527 skryf Martin Luther die volgende: “I shall ask God mercifully to protect us. Then I shall fumigate, help purify the air, administer medicine and take it. I shall avoid places and persons where my presence is not needed in order not to become contaminated and thus perchance inflict and pollute others and so cause their death as a result of my negligence. If God should wish to take me, he will surely find me and I have done what he has expected of me and so I am not responsible for either my own death or the death of others. If my neighbor needs me however I shall not avoid place or person but will go freely. This is such a God-fearing faith because it is neither brash nor foolhardy and does not tempt God.”

Ons is oortuig dat kerkwees in hierdie tyd veel dieper gaan as eredienste. Dat dit die praktiese uitleef is van wedersydse respek, dat dit die soeke is na geleenthede om diensbaar te wees sonder om ander se gesondheid te bedreig.

Oor die volgende weke sal die dagbestuur gedurig die situasie asseseer en na die raad van ons breër strukture en kundiges luister. Dit mag daarom gebeur dat reëlings vinnig verander saam met die omstandighede.

Intussen sal daar voortdurend na kreatiewe wyses gesoek word om ons gemeente te bedien en om ons lidmate aan te moedig tot diens.

Van eerskomende Sondag af sal die weeklikse boodskappe op die Facebookblad van die kerk beskikbaar wees. Daar sal ook deergaans skakels na materiaal gegee word wat gerus in hierdie tyd van afsondering gebruik kan word.

Ten laaste wil ons as leraars ons ten sterkste uitspreek teen die teologiese dwaling wat tans wyd verkondig word, dat ons as gelowiges, wanneer ons glo, gevrywaar is van siekte en swaarkry. Ons bely saam met Paulus in Rom 14:8: Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hierdie belydenis saam met die breë Bybelse boodskap kan egter op geen wyse misbruik word om die realiteite van die lewe te ontken nie. Ons weet as kinders van die Here dat die lewe met baie mooi en ook met swaar kom. Teespoed tref nie slegs die ongelowige nie, maar almal. Waaraan ons as kinders van die Here wel kan vashou, is die oortuiging saam met die bekende woorde van Psalm 23, dat wanneer die dal van doodskaduwees kom, die moeilike tye, of dit siekte of ander swaarkry is, dat ons nooit alleen daarin staan nie. Ons weet dat daar 'n Here is wat omgee, wat saam met ons leef... in lewe en in sterwe.

Covid-19 Virus

Ds. Hanri Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles