21 Dae 21 Psalms: Dag 7
1. Sit vir jou rustige musiek op, miskien Taize musiek op YouTube. (bv. Bless the Lord my soul, Laudate omnes Gentes, Ubi Caritas).
2. Word bewus van jou liggaam, van jou tone tot by jou kop, fokus op elke liggaamsdeel afsonderlik.
3. Psalm 23 is baie bekend. Kyk of jy dit kan opsê sonder om die Bybel oop te maak. Hang seker af watter generasie jy is of die Ou Vertaling of die 83-vertaling vir jou bekendste klink.
4. Watter gewaardinge het jy in jou gemoed terwyl jy die Psalm opsê of lees?
5. “Ek kom niks kort nie”, “niks sal my ontbreek nie”, “I shall not want” In ‘n wêreld waar ons nie altyd weet wanneer genoeg genoeg is nie, dink bietjie na oor wat vir jou genoegsaam is. Is God vir jou genoegsaam? Dink terug in jou lewe: Het jy gekort?
6. In die Psalm is God nie net die Herder nie, Hy is ook die Gasheer. Wat het jy alles vandag uit God se hand ontvang?
7. 53- vertaling “net goedheid en guns sal my volg”. Personifikasie. Orals waar ek gaan sal God se guns ook wees. Gaan terug en lees weer die Psalm en lys al die voorbeelde van God se guns.
8. Herhaal gedurig vandag die woorde: Die Here is my herder. Let op op die teenwoordige tyd. Verander dit dan ook na “U is my herder”, wat dit nader aan jouself bring.
“Direkte vertaling
3) Hy gee my nuwe lewenskrag,
5) U verfris my kop met olyfolie; my beker loop oor,
6) Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe.”