21 Dae 21 Psalms: Dag 11

21 Dae 21 Psalms: Dag 11

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 11

1. Word rustig. Lees die woorde van Henri Nouwen rondom gebed: “In our utilitarian culture, where we suffer from a collective compulsion to do something practical, helpful, or useful and where we feel compelled to make a contribution that can give a sense of worth, contemplative prayer is a form of radical criticism. It is not useful or practical. It is simply to waste time with God. It cuts a hole in our busyness and reminds us and others that it is God and not we who creates and sustains the world.”

2. Word bewus van die haastigheid in jou. Maak daarmee soos wat jy met ‘n kind maak wat jy wil rustig aan die slaap sus. Sit net in die Here se teenwordigheid. Ontwortel jou angstigheid, jou haastigheid.

3. Psalm 42 en Psalm 43 kan saam gelees word omdat daar ‘n refrein is wat in beide voorkom. Lees die twee Psalms rustig deur en kyk of jy die refrein kan vind.

4. Vers 2 -3 is vir ons bekend. Ons sing dit ook saam in eredienste. Ons sien die werkwoorde “smag, dors, long, thirst”. Kan jy dink aan ‘n dag wat jy werklik honger of dors was? Probeer daardie gevoel oproep. Sou ‘n mens rerig verlange verstaan as mens nie al in ‘n mens se lewe iewers gesmag het na kos en water nie?

5. Ek deel meditasie wat ek lank terug geskryf het:

In Psalm 42 word die verlange na God vergelyk met ‘n diep dors. Die beeld is die van ‘n wildsbok wat smag na water in die droë woestyn: “so smag my siel na U, o God. My siel dors na God, na die lewende God.” Die woorde laat my altyd wonder hoe dors ons is? Die ding met dors en honger is dat ons miskien dit nie genoegsaam ervaar om die deurdringendheid daarvan te verstaan nie. Ons wêreld val uit in twee groepe: die wat fisies elke dag weet wat dit beteken om honger en dors te wees en die wat sorg dat hulle nooit daar kom nie.

As jy egter honger en dors figuurlik verstaan dink ek daar is genoeg momente van leegheid in ons lewe - wat eintlik dors is, ons besef dit net nie altyd nie. Ons wêreld is gevul met goed wat mense doen om die holtes en gate in hulle binneste toe te stop. Dit werk gewoonlik nie.

Meister Eckhardt het iets verstaan dat proe en drink eintlik ‘n manier van kyk is. As ons reeds idees het oor hoe God is en waar ons Hom kan ervaar en hoe Hy betrokke is in die wêreld, dan is dit moontlik dat ons Hom miskyk. As ons egter begin agterkom dat daar geen holte in die lewe sonder God is nie, sal ons Hom meer begin raaksien. Eckhardt skryf: “Everything tastes of God and shines forth God.” en ook “Wherever you are, with whomever you are, whatever your intentions, thoughts or activities, drinking will be your desire.”

6. Die Psalmskrywer ervaar dat sy vashou aan God tot bespotting gemaak word deur ander. Hy herinner homself gedurig dat hy moet vertrou. Sy situasie sal verander. Hoe kan die Psalm jou help as jy begin twyfel?

7. Die skrywer is ver van die tempel. Heel moontlik kruip hy weg van sy vyande. Hy mis dit om op te trek na God se woonplek, die altaar en die aanbidding. Mis jy die erediens? Die samekoms van gelowiges? Hoekom?

8. Eet vandag stadiger, proe alles deeglik, wees bewus van jou hongerte of dors. Word bewus van verlange in jou hart/siel.

21 Dae 21 Psalms: Dag 11

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

The latest Gans-Berg Nuus / News is here!

Gans-Berg Nuus / News
Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Since 30 June 2026, the MySchool and WRewards programmes have merged to create Woolworths MyDifference.

BARC Animal Welfare
The Moment Anger Begins to Lose Its Power

The Moment Anger Begins to Lose Its Power

There comes a moment in every healing journey when we realise that waiting for other people to change is keeping us trapped.

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
A Poem Comes Home

A Poem Comes Home

This week, Siphokazi Jonas, author and poet who wrote a beautiful fynbos poem for the Grootbos Foundation last year...

Grootbos Foundation
FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

We're excited to announce that FlexCare Pets is now available at The Pet Grocer in Gansbaai!

The Pet Grocer
See All Articles