Lydenstyd: Trane in ballingskap

Lydenstyd: Trane in ballingskap

NG Kerk Gansbaai

Trane (om te treur) in ballingskap

Jeremia 30:12-17

Jeremia het geleef in ‘n tyd van onrus. Hy was van mening dat sy wêreld aan die doodgaan is. Hy aanskou met hartseer die dood van ‘n kultuur, gemeenskap tradisie en ‘n waardesisteem. Die “doodgaan” van sy wêreld vul sy lewe met smart en pyn. Sy grootste smart was dat niemand omgegee het nie, niemand sien die verrotting en naderende dood nie. Jeremia is ontroosbaar onsteld oor die verlies van sy wêreld. In ons persoonlike lewe ken ons die ervaring van verlies en rou. In ons eie lewe het ons geleer om “te laat gaan”, is nodig vir herstel, vir ‘n nuwe begin. In ons samelewing is daar baie verliese, maar het ons al geleer om as samelewing te rou oor hierdie verliese? In Jeremia se tyd, soos in ons tyd, is daar ‘n ontkenning van ons sosiale pyn.

Op die oppervlak was die bedreiging die Babiloniers wat ‘n einde gaan bring aan die alledaagse lewe van Jerusalem. Die Babiloniers bring Israel op ‘n plek van ballingskap. Op ‘n dieper vlak, was Israel se ongehoorsaamheid aan Jahwe en hul gevoelloosheid teenoor hul naaste, vir Jeremia die eintlike ballingskap. Israel het nie meer die verhaal van geloof oorvertel nie (Jer 2:6-7). Israel het haar eerste liefde verlaat(2:1-3). Israel het die Bron van lewende water verlaat (2:12). Israel het God vergeet en daarmee ook hulle eie identiteit, roeping en toekoms. Hulle het ‘n volk geword wat hulleself aan afgode verkoop het. Hulle afgode het hulle verander in mense wat hulle naaste uitbuit en vertrap, wat genot en plesier najaag in die naam van hulle god.    

Wanneer God se heiligheid nie meer geag word nie,verskyn onmenslikheid (Jer 5:26-28). Word jy vasgevang in die ballingskapwêreld van die Kwaad. Jeremia sien die doodsheid van die kwaad wat oorneem en hy treur daaroor. In sy huil hoor  hy die gehuil van Ragel oor haar kinders (31:15). Hy hoor deur sy trane, God se huil (9:1). Saam met Jeremia en  die kerk van al die eeue, hoor ons oor Jesus se klaagtrane oor Jerusalem en ons wêreld in Luk 13:31-35. Wanneer Jesus op die rug van ‘n geleende donkie Sy kruisweg na Jerusalem tegemoet ry, hoor ons Jesus huil. “Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaoor gehuil en gesê: As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.” (Luk 19:41-42)

Kom bid die gebed saam. Dit is tekend van ons tyd.

 
Gebed: In ballingskap  

Here, die planeet se mensdom is stil geskok.

Ons daaglikse lewe van werk, kuier, ontspan en vrylik rondbeweeg,  is verban tot die vier mure van ons huise.

Ons daaglikse gewoontes en roetines is versteur deur die onsigbare plaag in ons midde.

Here, ons verkeer in ballingskap in ons eie huise, dorpe en wêreld.

Strate, kuierplekke, oefenruimtes en die lugruim is onheilspellend verlate.

In die verlatenheid van ons ballingskap aanskou ons in weerloosheid die tragiese dood van vele regoor die wêreld. Ons is saam verenig in rou oor ons geliefdes.

Wanhoop, magteloosheid en moedeloosheid dreig om ons binnewêreld oor te neem. Ons is weerloos en broos.

Magtige leiers staan magteloos gevul met vrees en angs. Ons is mense sonder beheer.

Tog, Here, word ons stilgeskokte ballingskap wêreld  die plek van U verlossende genade.

Here, ons is vry in ballingskap!

Gestroop van illusies van status, mag, sukses, beheer en onsterflikheid.

Verlos van voorgee, valsheid en ‘n leë self.

In ballingskap is reeds verberg die saad van U ontfermende liefde wat hoop bring op ‘n nuwe toekoms.

Amen

Lydenstyd: Trane in ballingskap

Ds. Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles