21 Dae 21 Psalms: Dag 12

21 Dae 21 Psalms: Dag 12

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 12

1. Psalm 46:1 “God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming”.

“Doodle” die sin. Dit beteken vat ‘n potlood en laat die sin gebeur op papier.

2. Dank God vir 5 dinge in jou lewe.

3. Lees Psalm 46 drie keer hard deur.

4. Die wêreldbeeld van die mens van die Ou Testament help ons om die Psalm te verstaan. Hulle was diep bewus van die chaosmagte wat hulle omring (bv water). Die hele aarde word as te ware in plek gehou deur God. Hulle het ook geglo daar is baie gode, maar God is die een wat in beheer is van alles. Hy is ook die God van die nasies. God gebruik nasies en skepping vir sy doel. So nie die chaos of militere mag van ander is ooit buite sy mag nie. In die Psalm kan die hoorder rus in die wete, te midde van gedruis van die see en geraas van die ander nasies. In 2020 is daar ander dinge wat ons bang maak. Wat is dit vir jou?

5. Vers 11a (Bedaar en erken dat ek God is) word baie gebruik in die geloofstaal rondom stilte en wag in die teenwoordigheid van die Here. Ons kry verskillende vertalings: ‘Be still, and know that I am God!” (NRSV); “Laat staan en weet dat Ek God is” (53 vert). Wat hoor jy? ‘n Opdrag, uitnodiging, troos?

6. Ons bely: “Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die skepper van die hemel en die aarde”. Die Griekse woord agter “Almagtig” is “Pantokrator”. Ek het nog altyd die woord bo ons vertaling verkies. Die fokus is dan nie op God wat alles kan doen en daarom moet nie (Almagtig) maar op God wat heerser is oor alles (Panta =alles, krato= heerser). Die fokus is op God wat alles in sy hande hou en met ons oppad is na iets wat groter is as wat ons verstaan. Dit herinner ons aan God se misterie, eerder as ‘n God wat doen wat ons dink gedoen moet word nie (soos ons soms aan Almagtig dink).

7. Lees weer vers 11 met die inligting by punt 6 in jou gedagte.

8. Sing/neurie vir jouself Liedboek 519: “Wees stil en weet: Ek is die Heer/Ek spreek, en wind en golwe bedaar/Ek sal ook jou getrou bewaar.”

21 Dae 21 Psalms: Dag 12

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles