Blog

Lydenstyd: Trane in Ballinskap lei tot nuwe lewe

Lydenstyd: Trane in Ballinskap lei tot nuwe lewe

NG Kerk Gansbaai

Trane in Ballingskap lei tot nuwe lewe
 
Jeremia 30:12-17

In ‘n tyd van ballingskap, word ware hoop  gebore uit trane van smart en berou. Lyding bring hoop, ‘n nuwe lewe (Rom 5:3-5). Jeremia se stem, is die stem van “suffered hope”.

God se volk bevind hulle op ‘n plek van diepe smart en verwerping (30:14 en 15 Ou Afrikaanse Vertaling). In vers 16 vind daar ‘n wending plaas in die teks. Die woord: “Daarom” is die woord van hoop wat ‘n nuwe lewe inlei... Die God wat gereed gestaan het om sy volk te verlaat, omhels Sy volk in liefde. Hoe is die verandering  in God se houding heens Sy volk moontlik? Bruegemann antwoord hierop: “Only grief permits newness”. God se smart oor Sy volk se lot, oor hul sonde en afvalligheid, oor die doodsheid van hulle bestaan, skep ‘n nuwe moontlikheid van lewe.

In Johannes 16 vind ons Jesus se groetboodskap waar Hy in vers 20 sê: “Ek sê vir julle: Julle sal huil en treur maar die wêreld sal bly wees, julle sal hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander”. (Lees ook vers 21 en verder). Jesus se kruisweg bring hartseer en smart, maar ook die hoop op die geboorte van ‘n nuwe lewe.

Die covid 19 pandemie het ons en ons wêreld onherroeplik kom verander. Ons verkeer in ballingskap in ons eie huise en omgewing. Sosiale kontak, daaglikse roetines en gewoontes het tot ‘n einde gekom. Strate en kuierplekke is verlate. Wat doen dit aan ons menswees? (Sosiale pyn/Spirituele pyn).

Ons dink skielik anders oor die mense se vermoë om te beheer, oor die grense van die wetenskap, oor die waarde van groot ekonomië en magtige militêre mag. Magtige leiers wat nog tot nou onlangs, in hulle grootheidswaan, oor hulle gode van mag en kennis gespog het, is gevul met vrees, onsekerheid, magteloosheid en trane. As ‘n medemens treur ons saam oor ons grootheidswaan, oor ons vertroue in selfgemaakte mag, oor ‘n wêreld waar ons ons eie god geword het. Tog is ons donker oomblik terselfdertyd die geboorteplek van ‘n nuwe lewe, ‘n nuwe kyk na onsself en ons wêreld.

Binne die Christelike geloof,is hierdie plek van ‘n nuwe begin, berou. Die Griekse woord hiervoor is penthos, waarvan die engelse woord: penitence, afgelei is. Alan Jones skryf: “Penthos is the word for that which pierces us to the heart,cuts us to the quik, raises us from the dead”. Jones skryf verder: ”Metanoia,or repentance, is that moment when the truth about ourselves and God strikes us, pierces the heart, and makes new life possible”. (Lees en oordink Dawid se skuldbelydenis in Ps 51).

Amen

 
Gebed: Ballingskap bring seëninge

Here, in ballingskap leer U my nuut sien. Deur ons betraande berouvolle oë begin ons die wêreld, ja, myself, onsself in ‘n ander lig sien.

In U lig, O God!

U laat my my selfgerigte self sien.

Ek is die mens wat ander verwaarloos en vertrap op my soeke na die vervulling van my selfsugtige wense en behoeftes. Ek is die mens wat onreg pleeg en uit hoogmoed diskrimineer. Ek is die mens wat uit oordaad en gierigheid U skepping uitbuit en plunder. Ek is die mens wat niks voel vir die pyn en seer van ander. Ek is die mens wat met geweld neem wat ek met wellus begeer. Ek is die mens wat geweld bewonder bo vrede. Haat  en vergelding soek bo vergifnis. Ek is die draer van die kwaad, o, Heilige God. Ek is die mens in sonde se ballingskap.

In my ballingskap trane beleef ek U Kruisliefde soos ‘n stroom van verlossing en goedheid oor my spoel. Op Golgota word ek gebore tot ‘n nuwe lewe. 

U laat my my vrygemaakte self sien.

U laat my opnuut ontdek hoe kosbaar is die geskenk van gesin-wees. U gee vir ons die vreemde tyd van inperking om te leer om mekaar weer lief te hê, te waardeer, die ander se unieke menswees te bewonder.

U bevry my tot ‘n lewe van stadiger leef tot behoud van die skoonheid van U skepping.

U bevry my om eenvoud hoër te ag as oordaad en gierigheid.

U bevry my tot ‘n lewe van bewustelik leef as U aangesig.

Here, in ballingskap leer ek U opnuut sien.

Amen

Lydenstyd: Trane in Ballinskap lei tot nuwe lewe

Ds. Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

The latest Gans-Berg Nuus / News is here!

Gans-Berg Nuus / News
Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Since 30 June 2026, the MySchool and WRewards programmes have merged to create Woolworths MyDifference.

BARC Animal Welfare
The Moment Anger Begins to Lose Its Power

The Moment Anger Begins to Lose Its Power

There comes a moment in every healing journey when we realise that waiting for other people to change is keeping us trapped.

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
A Poem Comes Home

A Poem Comes Home

This week, Siphokazi Jonas, author and poet who wrote a beautiful fynbos poem for the Grootbos Foundation last year...

Grootbos Foundation
FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

We're excited to announce that FlexCare Pets is now available at The Pet Grocer in Gansbaai!

The Pet Grocer
See All Articles