21 Dae 21 Psalms: Dag 16

21 Dae 21 Psalms: Dag 16

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 16

DAG 16: PSALM 103

1. Raak stil met woorde van Lied 398: “O Jesus, Man van smarte / o Liefde onbegrens, /skryf diep in alle harte / die woord: “Aanskou die Mens!” / O laat my nooit vergeet nie/die kroon, die kleed, die riet!? Geen groter troos in leed nie - dis ook vir my geskied”.

2. Ek het nog altyd gedink dat ons op Goeie Vrydag en Stil Saterdag te veel praat. Eintlik is dit net dae waarop ons diep bewus is van ons gebrokenheid en God se hardkoppige liefde. Vandag Stil Saterdag, ‘n dag waar die dissipels geen hoop gesien het nie. Die Een op wie hulle vertrou het, het voor hulle oë gesterwe en hulle het hom in ‘n graf gaan sit. Dit is ‘n dag bepaal deur persepsies. Dit wat hulle gesien het, het hulle uitsig vir die toekoms bepaal. Hulle het die gebeure by die kruis gelees as ‘n teken van God se nie-teenwoordigheid. Hoeveel keer in jou lewe het jy al afleidings gemaak, perspepsies gehad van ‘n situasie wat op die ou einde heel anders uitgedraai het?

3. Lees Psalm 103 rustig deur. Die Psalm word baie keer saam met die nagmaal gelees. Watter assosiasies maak dit in jou wakker?

4. Psalm 103: 1 “Bless the Lord, O my soul, and all that is within me, bless his holy name” (NRSV); “Ek moet die Here met hart en siel prys, met alles in my moet ek sy heilige Naam prys.” Lys die dinge waarvoor jy vandag vir God wil prys.

5. Sit net vandag met vers 1. Jy kan ook die Taize lied: “Bless the Lord my soul” luister.

21 Dae 21 Psalms: Dag 16

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles