Oordenking - Luister met geloof

Oordenking - Luister met geloof

NG Kerk Gansbaai

Oordenking - Luister met geloof

Teks: Ps 139

Die huidige grendeltyd word verskillend beleef deur  verskillende mense. Sommige ervaar dit as negatief en ander sien weer die positiewe daarin raak.

Ons kom in die grendeltyd in aanraking met die verwaarloosde, selfs vergete, vermoë van luister. Ons leer weer luister na mekaar, ons eie gedagtes en na God se skepping.

As gelowige leer ons opnuut luister met geloof. Robert Wicks sê ons moet leer om met geloof te luister na die gedagtes van ons hart, oortuigings en lewensbeskouings. Luister met geloof kan tegelyk ‘n angswekkende en bevrydende ervaring wees.    

Word stil en luister vir ‘n oomblik na jou diepste gedagtes, begeertes, oortuigings en lewensbeskouing. Wie is hierdie mens wat ek in myself ontdek? Hoe is hierdie mens wat ek in diepe luister leer ken? Wat wil God my leer van myself in die luister met geloof?   

Tomas Merton se opmerking oor ‘n “rein” en “onrein” hart, help ons verstaan waarom luister met geloof ‘n onstellende ervaring kan wees. "The ‘impure’ heart is a heart filled with fears, anxieties conflicts, doubts, ambivalences, hesitations, self-contradictions, hatreds, jealousies, compulsive needs, and passionate attachments. All these and thousands other ‘impurities’ darken the inner light of the soul but they are neither its chief impurity nor the cause of its impurities. The inner, basic, metaphysical defilement of fallen man is his profound and illusory conviction that he is a god and the universe is centered upon him”.

Soos die Psalmdigter in Ps 139, wil ons met ons gebroke self van hierdie God wat ons deur en deur ken, weg vlug. Ons wil  van die God wat ons beter ken as wat ons onsself ken, wegkom. Soos die Psalmdigter ontdek ons terselfdertyd dat die veiligste plek om met ons verwarde self heen te vlug, God self is.

Kom ons vind rus in God met die gebed op ons lippe: “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak..”  

Amen

Oordenking - Luister met geloof

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles