Blog

Oordenking: Die Risiko Van Hoop

Oordenking: Die Risiko Van Hoop

NG Kerk Gansbaai

Oordenking: Die Risiko Van Hoop

Teks: Hebreërs 11:1-40 en Matteus 14:23-33

“With hope that is based solely on a faith in the resurrection of Christ, the way we see the world becomes radically altered. In David Steindl-Rast’s words, “The eyes of hope are grateful eyes” (R Wick).

Geloof, volgens die Hebreërboek, is die vermoë om beter te kan sien. Geloof is die vermoë om die Onsienlike (vir God) te kan sien, is die ook die vermoë om, nuwe moontlikhede sien waar niemand anders iets sien nie. Die boek is geskryf aan mense wat begin moedeloos raak het, hulle was geestelik vermoeid. Hulle het hulself blindgestaar teen die sienlike, teen die alledaagse. Die skrywer wil die gelowiges bemoedig, hulle help om weer die onsienlike te sien, om hulle geloofsoë te vestig op die opgestane Christus, om hulle oë weer te vestig op God en SY beloftes, om God se toekoms te laat sien, om nuwe moontlikhede raak te sien waar geen moontlikhede is nie. Hierdie motief van sien, van verder sien as wat net voorhande is, om verder te sien as die sigbare, lees ons op verskeie plekke in die hoofstuk (vers 1, 3, 7, 13 en 27).

Deur die oë van geloof sien ons alreeds God se toekoms. Die weg na God se toekoms is egter nie sonder risiko’s nie anders gesê: Die lewe van geloof en hoop neem ons op ‘n pad van risiko’s. Abraham moes sy geboorteland verlaat op pad na die vreemde. In Matteus 14 waag Petrus dit om uit die skuit te klim, die plek van veiligheid en sekuriteit. Hierop skryf R Wick "the message is clear: we must jump into the deep darkness of life if we expect to be in the presence of the light of God”.

Wick verwys na J Haughy wat sê dat dit lyk of daar twee maniere is om JX te volg, Een vanaf die boot en die ander tussen die branders. Die een verkies veiligheid, vaste reëls, en die vashou aan sosiale voorskrifte en verwagtinge. Die tweede manier waag dit om te leef in die teenwoordgigheid van misterie, vrees nie onvoorspelbaarheid nie, verwag om skoonheid in alle dinge te vind en beweeg saam met die gety van die lewe. Wie glo in Jesus Christus, die opgestane Heer, kan nie anders as om met hoop te waag nie.

R Wick verwys na ‘n opmerking van Haughey wat ek graag wil deel: “Each Christian is (somehow, in some way) the bearer of a Christology. He will be a letter written by the Spirit or he will be a carbon copy of what he has heard. If the latter, it will suggest that Jesus used to be and the Spirit never arrived”.

Oordenking: Die Risiko Van Hoop

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles