Oordenking: Liefde Geklee in Diens en Deernis

Oordenking: Liefde Geklee in Diens en Deernis

NG Kerk Gansbaai

Oordenking: Liefde Geklee in Diens en Deernis

Teks: Johannes 13:1-17

Die vernietigende krag van ‘n veldbrand is onstellend om te aanskou. Wanneer die Haemanthus sanguineus (veldskoenblaar) sy verskyning in die swart gebrande aarde maak, staan hierdie blom, met sy  pragtige rooi kleed, asemrowend mooi teen die donker agtergrond uit. Die blom word ‘n teken van hoop. Die blom se helder rooi kleur oorskadu die swartgebrande omgewing. Dit is opvallend. Jy sien dit dadelik raak.

Dieselfde kan gesê word van liefdevolle gebare en dade van deernis in tye van angs, stres, moedeloosheid en depressie. ‘n Glimlag, woorde van bemoediging, ‘n telefoon oproep na ‘n bejaarde ouer, luister na jou kinders, versorging van jou huwelik, help met huis skoonmaak en oomblikke van humor en lag, is dade van diens wat tekens van hoop word. Kenneth Leech sê: "A facial expression or a warm hug is more than a symbol, it is a sacrament, for it expresses and conveys the personality behind it”.

Gelowiges kan in hierdie grendeltyd voel hulle wil meer doen vir hulle naaste as die bietjie waartoe hulle tans instaat is. ‘n Glimlag, telefoonoproep, woorde van bemoediging kan tog nie genoegsaam wees nie? Daar word immers van ons as gelowiges gevra om betrokke te wees by ons naaste en ons wêreld in nood. Om by bogenoemde beeld aan te sluit, ons voel ons moet meer doen om die swart gebrande aarde se skoonheid te herstel. Ons voel hoe skuldgevoelens in ons geloofsgrond wortelskiet in die afwesigheid van “groot” dade van diens.

‘n Opmerking van R Wick, kan ons help om in hierdie tyd nuut te dink oor die gestaltes van naastediens: “Too Often in our search to do something dramatic we miss the opportunity to do something important because the act doesn’t seem worthy enough. We are unable to see the symbolic greatness of the small caring presence we can be in a world seemingly overwhelmed by troubles and stress”.

Wanneer Jesus in Johannes 13 in die teenwoordigheid van Sy dissipels is, doen Hy niks dramaties of buitegewoon nie. Inteendeel, Hy doen die onaanskoulike doodgewone. Hy was Sy dissipels se voete. Hierdie daad van diens, word die draer van hoop. Jesus se was van Sy dissipels se voete word die veldskoenblaar (teken van hoop) in ‘n lewelose wêreld. 

Neem tyd en word stil in die Here se teenwoordigheid. Oordink die boodskap van Johannes 13 en die oordenking gedagte. Vra die Here om vir jou in hierdie tyd te help om met doodgewone dade van menslikheid die buitegewone hoop van die Evangelie uit te dra.

Gedagte vir nadenke.

“You don’t think your way into a new kind of living. You live your way into a new kind of thinking….” (Uit: Living simply in a anxious world).

Oordenking: Liefde Geklee in Diens en Deernis

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles