Oordenking: In Diens Van God

Oordenking: In Diens Van God

NG Kerk Gansbaai

Oordenking: In Diens Van God

1 Kor 1:18-31 en 1 Kor 3:1-9 (vers 9)

Liefdesdiens (aan naaste en skepping) is ‘n wesenlike deel van die geloofsweg. Die gelowige se roeping is om te dien.

Hierdie diensweg is ‘n gevaarlike en uitdagende weg. Op hierdie weg ontmoet ons twyfel en moedverloor. Is my bietjie diens genoeg? Staan die weg van diens (voetewas) werklik ‘n kans teen die oormag van armoede, verval en ellende? Het Moeder Theressa werklik gedink haar liefdesdiens gaan ‘n verskil maak aan die enorme ellende in Kalkutta? Twyfel en Moedverloor laat ons wonder of al ons pogings nie nutteloos en tevergeefs is nie. Wanneer ons min resultate sien op ons harde dienswerk, groei moedverloor en twyfel al groter. Hierdie tergende vrae wat  ons geloofswêreld teister, bring ons by nog ‘n belangriker vraag: Wat motiveer ons om dienswerk te doen?

Dink aan ‘n persoon wat ly aan depressie. Dit is vir hierdie persoon moeilik om energie te vind vir die dag wat voorlê. Soggens is dit moeilik om uit die bed te klim. Oefening of Sosialisering met ander mense vra eenvoudig te veel emosionele energie. Hierdie aktiwiteite is egter nodig om die depressie te help oorwin. R Wick skryf hieroor: "In a sense,we are asking the depressed person to act on faith, not what his/her thoughts are telling him/her to do” (R Wick).

Dit is ook waar van die weg van liefdesdiens. Op hierdie weg word van die gelowige gevra om, in die geloof, te vertrou dat ons dade van diens nie nutteloos en tevergeefs is nie. Om nie toe te gee aan die stemme van moedverloor en twyfel. Ons doen nie liefdesdiens vir die resultate daarvan nie.

“The only purpose is, in love, to be of service to God: to be in the fullest sense of the message - to be a fool for Christ! This is the gamble we  call “Christian living”. Die gelowige se roeping is om God te dien (1 Kor 3:9). Alle vorme van diens aan ons naaste en die skepping word gebore uit hierdie roeping.  Die Christelike weg van diens, vra ‘n diepe verhouding met God in wie ons vertrou in tye van moedverloor en twyfel. “And that is why in these anxious demanding times, we must take the most radical and useless step the eye of the world have ever seen. We must pray” (R  Wick).

Nota: In die volgende oordenkings gaan ons besin oor ons verhouding met God drie - enig en gebed as ‘n lewe in God.

Oordenking: In Diens Van God

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

The latest Gans-Berg Nuus / News is here!

Gans-Berg Nuus / News
Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Since 30 June 2026, the MySchool and WRewards programmes have merged to create Woolworths MyDifference.

BARC Animal Welfare
The Moment Anger Begins to Lose Its Power

The Moment Anger Begins to Lose Its Power

There comes a moment in every healing journey when we realise that waiting for other people to change is keeping us trapped.

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
A Poem Comes Home

A Poem Comes Home

This week, Siphokazi Jonas, author and poet who wrote a beautiful fynbos poem for the Grootbos Foundation last year...

Grootbos Foundation
FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

We're excited to announce that FlexCare Pets is now available at The Pet Grocer in Gansbaai!

The Pet Grocer
See All Articles