Blog

Oordenking: Tussen Eden en die Nuwe Jerusalem

Oordenking: Tussen Eden en die Nuwe Jerusalem

NG Kerk Gansbaai

Oordenking: Tussen Eden en die Nuwe Jerusalem

Ps 42 en Filippense 3

Die Paradysverhaal vertel van ‘n wêreld waarin die mens as verhoudingswese leef voor die aangesig van God. Dit is ‘n lewe wat die moeite werd is om te leef. Dit is ‘n lewe van vergenoedheid en vervulling. Dit is ‘n wêreld waarin mens en skepping floreer soos die boom van Ps 1 wat op die regte plek geplant is. In  ons verhouding met God, naaste en skepping floreer ons.

Ons het in Genesis 3 gelees hoe hierdie wêreld van floreer, van groen weivelde, verander het in ‘n dal van doodskaduwee (Ps 23), in ‘n land waar daar duisternis is(Jesaja 9:1). Ons het gelees hoe die mens verander het, soek geraak het: "Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: waar is jy?” 

Kyk ons terug oor die geskiedenis, vind ons ‘n soekende mens vol onrus en onvergenoedheid. Die mens tusssen Eden en die Nuwe Jerusalem  is die mens van begeerte. Ons het die mens geword wat nooit vervul  word nie. Ons bly leeg voel. Ons bly rusteloos hunker na meer. Aan die hart van vele literatuur, poësie, kuns, filosofie, psigologie en teologie lê die nadenke oor hierdie begeerte mens. “This desire lies at the center of our lives, in the marrow of our bones, and in the deep recesses of the soul... Desire is the straw that stirs the soul” (R Rolheiser).  

Hierdie rustelose begeerte na vervulling het ons wêreld onherroeplik verander. Ons begeertes se gejaag na rykdom, mag, sukses, status, roem, vooruitgang  en genot het nie vervulling gebring nie. Ons en ons kinders beleef tans hoe die skepping geplunder is tot op die rand van ineenstorting. Wêreld pandemies het deel geword van ons lewe. Die afstand tussen ryk en arm is enorm. Die kloof tussen die maghebbers en die magteloses groei al groter. Ons beleef hoe wanhoop en swaarmoedigheid ons lewe vul. “Some are paralyzed by the thought of the world coming to a full stop... too many of us believe that human lives are and will remain bereft of meaning” (M Volf).

Hoe sal hierdie mens van Gen 3 sy weg vind na die Nuwe Jerusalem? Waarvandaan sal daar vir ons hulp kom? In die geskiedenis van die Christelike geloof, soos verkondig in die Ou Testament, Nuwe Testament  en kerkgeskiedenis, is ons ten diepste nie begeer mense nie, maar verlang mense. Ons verlang, hunker na God self. Begeerte na goed en dinge het die plaasvervanger geword van hierdie diepe verlange na God. Verlang ons hele wese nog na God?

Gedagtes vir nadenke

Augustinus vertel in sy bekende “Augustine Confessions”(Augustinus Belydenisse) van sy lewe van onrus en soeke na God. Wanneer hy sy Belydenisse begin,skryf hy:” Om aan U te dink, roer ons so intens dat ons nie rus voordat ons U loof nie, want U het ons vir U geskep. Ons hart is onrustig in ons totdat dit rus vind in U” (Uit: Augustinus Belyddenissse).   

Paulus skryf: “Al wat ek wens, is om Christus te ken...” (Filippense 3:10a)

Oordenking: Tussen Eden en die Nuwe Jerusalem

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles