Blog

Pinksterboodskap 25 Mei 2020

Pinksterboodskap 25 Mei 2020

NG Kerk Gansbaai

Pinksterboodskap 25 Mei 2020

Kliek op die skakel om na Dr Barend Vos se stemboodskap te luister.

Pinkster begin vandag onder leiding van Dr Lisel Joubert en Dr Barend Vos. Dit sal daagliks 'n kombinasie wees van 'n geskrewe meditasie wat saam met 'n stemboodskap van Dr Vos hanteer word.

DAG EEN

1. Kies ‘n spesifieke plek waar jy alleen of saam met die res van jou huismense die week gaan stilword met ons Pinksterbeloftes en nadenke. Hierdie plek moet jou elke dag herinner aan jou dors en verlange na die lewende God (Ps 63:2; Ps 42: 2-3). Miskien kan jy ‘n kers daar plaas of selfs ‘n glas water.

2. Luister na die woordboodskap van Ds Barend Vos. As jy klaar is sit ‘n bietjie met wat jy nuut gehoor het, wat tot jou gespreek het. Jy kan dit deel met iemand of as jy alleen is dit neerskryf. Jy kan gerus weer Johannes 14: 15-31 lees.

3. Ons het gehoor ons mag tuiskom by God, dit is wat God vir ons wil. Lees hierdie gedig “Pax” van DH Lawrence (Pax is Latynse woord vir vrede) en word bewus van die gevoel van tuiskom en vrede.

“All that matters is to be at one with the living God
to be a creature in the house of the God of Life.
Like a cat asleep on a chair
at peace, in peace
an at one with the master of the house, with the mistress,
at home, at home in the house of the living,
sleeping on the hearth, and yawning before the fire.
Sleeping on the hearth of the living world
yawning at home before the fire of life
feeling the presence of the living God
like a great reassurance
a deep calm in the heart
a presence
as of the master sitting at the board
in his own and greater being
in the house of life.”

4. Die Heilige Gees laat ons onthou want ons vergeet van een Sondag na die volgende Sondag wie ons in Christus is en hoe groot sy liefde is. Ons herinneringe klee ook ons verwagting vir more in. As ons verkeerd onthou dan praat ons verkeerd oor more. Formuleer na aanleiding van wat jy gehoor het een sin wat verwoord wie God elke dag vir jou IS, begin elke dag met die woorde sodat jy nie vergeet nie.

5. Dank die Heilige Gees vir die onthou-werk in jou lewe en bid vir onthou-wysheid.

Pinksterboodskap 25 Mei 2020

Dr Lisel Joubert en Dr Barend Vos

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles