Pinksterboodskap 28 Mei 2020: Dag 4

Pinksterboodskap  28 Mei 2020: Dag 4

NG Kerk Gansbaai

Pinksterboodskap  28 Mei 2020: Dag 4

1. Word stil in jou Pinksterplek. Kyk jouself in die oë. Ons dink soms ons moet ons skadukant wegsteek vir God. Eintlik is God se teenwoordigheid die enigste plek waar ons veilig ons masker kan laat val en na onsself kyk in ons gebrokenheid, met hartseer, maar sonder oordeel want dit is die goeie nuus.

2. Luister na die stemboodskap van Ds Barend Vos. Ons glo jy het al deur die weke dinge gehoor wat jy nog herkou, woorde wat nog nie met jou klaar is nie. Wat hoor jy vandag weer nuut? Deel dit met iemand of skryf dit neer. Lees gerus Johannes 3: 5-8 en Galasiers 5: 25 (as jy rustig tyd wil neem ook die groter hoofstukke).

3. Ons is bloot ontvangers. All is gift. Dink daaraan elke keer die week as jy in die wind gaan staan en dit aan jou hare en vel voel.

4. Gelowiges deur die eeue het verstaan dat die evangelie beteken vir ons sterf en lewe, die aflê van die ou mens en die opneem van die nuwe mens, die stroop van die ekkigheid en die toelaat van die Gees. Ek was nog altyd lief vir die woorde wat die Heidelbergse Kategismus gebruik om die opstanding van die nuwe mens te beskryf: “Dit is ‘n hartlike vreugde in God deur Christus en ‘n lus en liefde om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe”. Speel met die woord “lus” met jou tong en mond, en proe dit.

5. In ons diepste ellende en selfsug het die Heilige Gees by uitstek net die verlange om in ons te woon. David Benner skryf: “God wants to take up residence in every atom of our being, every moment of our existence. God wants to be present in the deep places of both our daytime consciousness and our nighttime unconsciousness.”

6. Hoor vandag die “Laat” van “laat die Gees jou gedrag bepaal” en jou verander na God se beeld en gooi die las af “van ek moet myself verander”.

7. Sit met jou hande oop na bo in stilte, as ontvanger, wat niks kan bring in ruil nie.

Kliek op die skakel om na die stemboodskap deur Dr Barend Vos te luister.

Pinksterboodskap  28 Mei 2020: Dag 4

Dr Lisel Joubert en Dr Barend Vos

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles