Pinksterboodskap 29 Mei 2020: Dag 5

Pinksterboodskap 29 Mei 2020: Dag 5

NG Kerk Gansbaai

Pinksterboodskap 29 Mei 2020: Dag 5

Elke jaar neem ons tydens Pinkster kollekte op vir die Bybelgenootskap. Ons vra dat julle asb hierdie jaar weer oorweeg om hul te ondersteun met die 5 dae se kollekte wat jy sou kerk toe bring.

Die Bybelgenootskap van SA

ABSA Santyger

Rek nr: 550 220 288

Takkode: 632 005

Verwysing: Pinkster

DAG 5

1. Word stil op jou Pinksterplek. Roep jou dag in jou gedagtenis op (as dit nog oggend is, miskien die vorige dag). Vra die Heilige Gees om jou te help onderskei wat was dit wat rerig saak gemaak het in die dag, wat was regtig belangrik. Jy sal moontlik agterkom jy het energie en bekommernis gemors op iets wat eintlik nie saak maak nie. Erken dit en bid om wysheid vir die ure wat kom.

2. Luister na Ds Barend Vos se woordboodskap. Deel met iemand of skryf dit neer wat jy vandag hoor. Lees gerus weer Fillipense 1: 1-11. Hierdie is Paulus se brief uit die tronk aan sy goeie vriende in Fillipi. In die NRSV staan die mooiste woord in vers 11 wat hy skryf aan sy geliefdes oor God se liefde wat moet toeneem: “so that in the day of Christ you may be pure and blameless having produced the harvest of righteousness that comes through Jesus Christ for the glory and praise of God.” ‘n Oes wat God se Gees laat groei, ten spyte van ons.

3. Word stil met die volgende gedagte:

Die bekende skryfster Iris Murdoch skryf oor die wese en liefde van God:

“The point is, one will never get to the end of it, never get to the bottom of it, never, never, never. And never, never, never is what you must take for your shield and your most glorious promise”. Die nooit is die einde van God se liefde. G’n wonder dat Hadewijch, die Flaamse mistikus van die Middeleeue God as “afgront” van liefde beskryf het nie. Hierdie woord dui op “abyss”, ‘n diepte, ‘n bodemlose poel: “Die afgront daer si min in sende, die es dieper dan de zee”. Hierdie afgront is God se liefde maar ook ‘n maalstroom van God self. Ons word intiem ingetrek deur die Drie-Eenheid in die liefdesverhouding sonder grense. Die nooit, nooit, nooit.

4. In Engels is daar ‘n woord “entrenched”. Ek dink daaraan as iets soos: “hier sit ek nou, en ek beweeg nie”. ‘n “Trench” is tog ‘n loopgraaf. Hier maak ek my ammunisie en oortuigings bymekaar en ek vuur dit op enigiemand wat naby is. Ek weet wat ek weet en niemand gaan my anders laat dink nie. Ek dink nie daar is baie humor in ‘n loopgraaf nie. Dank God se Gees dat Hy ons ook uit hierdie loopgrawe kan tel en anders kan laat sien en dink.

5. Ons hou altyd Pinkstermaal so op die Vrydag van Pinkster. Ons mis mekaar vandag. Maak vandag tyd en bel almal wat jy mis en sommer ook die wat nie altyd eerste op jou bellysie is nie. Mag God se Gees aanhou om ons harte te verruim.

Fillipense 1

Die Gees voltooi die werk

God klou aan jou vas

Getrou aan wie Hy gekies

God se werk

Paulus lief vir fillipend

Onderskei

Wat was vandag rerig saak / van nut

God van Gees waai mure weg / entrenchemnet

Groef / graf

Maak ons anders

Geheimenis is anders word wat God laat gebeur in ons, medemens vind met vreugde wees.

Kliek op die skakel om na Dr Barend Vos se stemboodskap te luister.

Pinksterboodskap 29 Mei 2020: Dag 5

Dr Lisel Joubert en Dr Barend Vos

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles