Seemeeu 2020: Gemeente Finansies

Seemeeu 2020: Gemeente Finansies

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu 2020: Gemeente Finansies

Sedert die uitbreek van die Covidpandemie, is die wêreld, ons land, elkeen van u en ook die kerk - ons gemeente - vasgevang in die greep van buitengewone beperkings en uitdagings wat vervat en geskep is in talle regulasies van die grendeltyd sedert Maart 2020.

Sonder om op die detail daarvan uit te brei, is ons gemeente se finansies onder enorme druk  geplaas. Die enigste bron van inkomste was en is steeds lidmate se dankofferbydraes. Opregte  dank aan elkeen wat getrou en deurlopend hiertoe bydra. Sedert 3 Julie vind Vrydagverkope by  die saal plaas en ook ten opsigte hiervan, baie dankie aan elke helper en ondersteuner.

Ons kan met diepe dank teenoor ons Hemelse Vader verslag doen dat die gemeente daarin kon  slaag om tot datum alle noodsaaklike bedryfsuitgawes te vereffen. 

Die finansiële voortbestaan van die gemeente is uitsluitlik in elkeen van ons as gemeentelede se hande om voortgeset vol te hou met die bring van ons dankoffers en die ondersteuning van elke fondsinsamelingspoging - baie dankie weereens aan elke gemeentelid vir u volgehoue ondersteuning.

Volledigheidshalwe vermeld ons graag weer die stelsel/wyses van dankofferbydraes: Insameling deur kerkraadslid/hulpwerker, die reël van 'n aftrekorder, elektroniese oorbetaling, persoonlike inbetaling by kerkkantoor, offergawe tydens eredienste en nou ook "snapscan".

Ons wil u uitnooi om met vrymoedigheid die kerkkantoor te skakel vir enige navrae en/of insette en voorstelle hieromtrent.

Seemeeu 2020: Gemeente Finansies

Hannes Cilliers

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Sibongiseni’s Cleaning Business Gives Old Items New Life

Sibongiseni’s Cleaning Business Gives Old Items New Life

Sibongiseni has broadened his repertoire and cleans everything from shoes to mattresses in his business. 

Grootbos Foundation
Your Anger Was Trying to Protect You

Your Anger Was Trying to Protect You

Your anger never came as punishment.  

Baie Geluk, Juffrou Niveena!

Baie Geluk, Juffrou Niveena!

Juffrou Niveena is tans in Gauteng, waar sy vandag haar B.Ed. Grondslagfase-graad in ontvangs neem. 

Laerskool Gansbaai
Giving Our Worries a Place to Go!

Giving Our Worries a Place to Go!

At Masakhane Primary School, the children learnt about worries and how they can sometimes make us feel stressed or overwhelmed.

i-MED africa
Statement Cushions and Home Décor

Statement Cushions and Home Décor

Give your home a fresh look with our beautiful range of statement cushions.

Julz Leather Belts Available at Komtessa

Julz Leather Belts Available at Komtessa

Looking for a new leather belt?

Komtessa Boutique
See All Articles