Seemeeu Desember 2020: Die Krip Ritueel

Seemeeu Desember 2020: Die Krip Ritueel

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu Desember 2020: Die Krip Ritueel

“Good ritual carries a power beyond what we can rationally explain. Rituals can help bring about group unity, healing, and other kinds of transformation..”  - R Rolheizer

Rituele vorm deel van ons alledaagse lewe. Geboorte-, familie-, en huweliks rituele is enkele voorbeelde hiervan. Binne die geloofsgemeenskap is daar onder andere Gebed-en meditasie rituele, nagmaal- en doop rituele, en sterwensrituele. Waarom is rituele nog deel van ons moderne lewe? Watter betekenis gee dit aan ons bestaan? Waarom is daar byvoorbeeld in sommige gesinne of families die gebruik om ten minste een maaltyd op ‘n dag saam te geniet, om Sondae gesinstyd te geniet en elke Kersdiens saam kerk toe te gaan? Ek onthou uit my kinderjare hoe my pa ons as gesin, Sondae na kerk, in die Kombi gelaai het om snoek te gaan koop in Houtbaai of Bloubergstrand. Tydens die snoekseisoen het hierdie ryery ‘n ritueel geraak. Soms is hierdie rituele vir jonger gesinslede waardeloos, irriterend en onnodig. Die versoeking om die rituele te los, te laat vaar, groei al groter. En waarom nie? Ronald Rolheizer  antwoord as volg oor die noodsaaklikheid van rituele: “We will do this because if we don’t, we will eventually fall apart and die as a family As a human family needs to sustain itself by set, straightforward, repetitive, predictable, unexciting rituals, so too the Christian family. Without ritual gathering we will, like any family, soon fall apart”.

Binne die Christelike geloof vergader gelowiges al vir eeue rondom die Woord van God, die nagmaal tafel en die doopvond. Deur die eeue het hierdie en vele ander Christelike rituele van eenvoud mense saamgebind, heling gebring en aan die lewe nuwe betekenis gegee. Hierdie rituele het die gemeenskap van gelowiges bewaar van versplintering, vervreemding en ‘n sinlose bestaan.

Hierdie Kersseisoen word ons uitgenooi om saam met ons gesinne, families en  alle gelowiges rondom die Krip bymekaar te  kom. ‘n Eeue oue ritueel. Ons word genooi om in die Krip ritueel met ons pyn, vreugdes, twyfels, drome, vrese, ja, in ons totale weerloosheid  byeen te kom rondom Christus, die Vleesgeworde Woord. In die woorde van Rolheizer: “We do not have to even understand what we are doing and we do not have to be brilliant, imaginative, or stimulating. We just have to gather in His name around the simple clear rituals he gave us. He promised to do the res”.

Seemeeu Desember 2020: Die Krip Ritueel

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

The latest Gans-Berg Nuus / News is here!

Gans-Berg Nuus / News
Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Since 30 June 2026, the MySchool and WRewards programmes have merged to create Woolworths MyDifference.

BARC Animal Welfare
The Moment Anger Begins to Lose Its Power

The Moment Anger Begins to Lose Its Power

There comes a moment in every healing journey when we realise that waiting for other people to change is keeping us trapped.

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
A Poem Comes Home

A Poem Comes Home

This week, Siphokazi Jonas, author and poet who wrote a beautiful fynbos poem for the Grootbos Foundation last year...

Grootbos Foundation
FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

We're excited to announce that FlexCare Pets is now available at The Pet Grocer in Gansbaai!

The Pet Grocer
See All Articles