Seemeeu Desember 2020: Dié Jesus-Kind... en die seer kinders van ons dag

Seemeeu Desember 2020: Dié Jesus-Kind... en die seer kinders van ons dag

NG Kerk Gansbaai

Dié Jesus-Kind... en die “seer kinders” van ons dag

Luister… iewers snik daar ‘n kind. 

Kerstyd is luistertyd. ‘n Nederlandse Kersgedig handel oor die seer kinders in ons wêreld, en die Christus-Kind in die krip wat die hart van dié Kersverhaal vorm. Dié gedig wil ons daartoe bring om in die Kerstyd fyn te luister.

Luister om te hóór. Om dít te hoor waarvoor ons in ons gejaagde, self-soekende lewens doof is. Om in hierdie stilwordtyd van die Kersgety die nood-geroep van seer, stukkende, verwaarloosde, ontberende, noodlydende, behoeftige kinders te hóór.

Kinders in ons wêreld. Die menigtes van die kinders in ons wêreld: baie van die kinders is nié ver nie, maar náby aan ons, digby ons… só naby, dat wie regtig ore het wat wíl hoor, dit elke dag sou kón hoor. Binne hoorafstand van waar ons  elke dag ons lewens leef.  Maar ons nié kan hoor nie - omdat die geraas van ons selfsugtige bedrywigheid te veel is - omdat dit die noodgeroep van die kleintjies, die geringstes, die swakkes…uit-doof. “Luister! Luister!”, sê die digter, “en hóór... iewers snik daar ‘n kind…”.

Die Kind van Bethlehem. Sal ons in hierdie Kersfeestyd, terwyl ons dink aan dié Kind, ook aan hierdie kinders dink? Sal ons deur die Kind geïnspireer word om iets te doen, iets te gee, om hierdie kinders te troos?... om hierdie kind se seer te versag?... om hierdie kind se behoefte aan te spreek? Sou die Kind nie wou hê dat ons die goud en wierook en mirre wat ons by Sy wieg kom plaas, eerder na hierdie kinders toe moet dra nie? Sou ons nie dan werklik ‘n geseënde Kersfees hê nie?

Die Kind is Koning! Die Kind is Koning en juis dit maak van God se koninkryk die (hemelse) koninkryk van geregtigheid, barmhartigheid en vrede. Dié koninkryk waarin liefde vir God prakties word as liefdesdiens teenoor ‘n medemens! - Seestrome 2013.

Seemeeu Desember 2020: Dié Jesus-Kind... en die seer kinders van ons dag

Seestrome 2013

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Sibongiseni’s Cleaning Business Gives Old Items New Life

Sibongiseni’s Cleaning Business Gives Old Items New Life

Sibongiseni has broadened his repertoire and cleans everything from shoes to mattresses in his business. 

Grootbos Foundation
Your Anger Was Trying to Protect You

Your Anger Was Trying to Protect You

Your anger never came as punishment.  

Baie Geluk, Juffrou Niveena!

Baie Geluk, Juffrou Niveena!

Juffrou Niveena is tans in Gauteng, waar sy vandag haar B.Ed. Grondslagfase-graad in ontvangs neem. 

Laerskool Gansbaai
Giving Our Worries a Place to Go!

Giving Our Worries a Place to Go!

At Masakhane Primary School, the children learnt about worries and how they can sometimes make us feel stressed or overwhelmed.

i-MED africa
Statement Cushions and Home Décor

Statement Cushions and Home Décor

Give your home a fresh look with our beautiful range of statement cushions.

Julz Leather Belts Available at Komtessa

Julz Leather Belts Available at Komtessa

Looking for a new leather belt?

Komtessa Boutique
See All Articles