Blog

Laaste Erewag vir Jonathan Doyle

Laaste Erewag vir Jonathan Doyle

Gans-Berg Nuus / News

Laaste Erewag vir Jonathan Doyle

-Laerskool Gansbaai-

Vrydag, 11 Augustus 2023 is finaal afskeid geneem van Laerskool Gansbaai (LSG) se skoolhoof, Jonathan Doyle en sy eggenote, Melissa (onderwyser). Die egpaar is vir onderwysposte aan die Newton International School in Qatar gekeur, waar hulle voortaan gaan werk.

Die hoofleiers het met die lands- en skoolvlae by die saal ingestap gekom, terwyl die leerders die Volkslied uit volle bors gesing het. Tydens die verloop van die verrigtinge het LSG se welbekende koor, onder leiding van Carla du Toit (afrigter) en Asanti Smit (begeleier), gewys waarom hulle goud tydens die onlangse Overbergse Koor Eisteddfod verwerf het - hulle het deurlopend vir uitstekende koorsang vir die afskeidsgeleentheid gesorg, onder andere ‘Sweef soos ‘n Arend’ - met die talentvolle Jan-Dawid du Plessis en sy kitaar wat saamgespeel het. Vir hulle prestasie tydens die Eisteddfod kon die koorlede gewone klere vir die dag aantrek.

Enkele onderwysers het afskeidsboodskappe aan die Doyle-egpaar gebring, waarna Jonathan die leerders toegespreek het. “Ek het gesien hoe julle groei....leef voluit en geniet elke dag,” het hy onder andere gesê. “Dankie dat ek deel kon wees van julle lewensreise en onthou: Eenmaal ‘n Gansie, altyd ‘n Gansie!” Die koor en leerders het ‘Veels geluk liewe...’ vir Jonathan gesing wat op 31 Augustus 2023 verjaar.

Annette Wessels het gedeeltes uit ‘Jou Legacy’ van Tania Smit se boek, ‘Heelword’, voorgelees - “Weet jy wat is een ding waarvoor jy die graagste onthou wil word? Daardie essence van jou wat vir altyd deel sal word van jou asem vir almal wat agterbly? Dit waarvoor jy staan? So wees profound, eerlik, dapper. Jou hierwees. Jou mirre. Jou agterbly. En strooi dit mildelik oor jou journey....”

Die Doyle-gesin het op 13 Augustus 2023 na Qatar gevlieg, waar Jonathan en Melissa by die Newton International School as onderwysers aangestel is. The State of Qatar is ‘n land in Wes-Asië. Hulle twee kinders, Michael (6) en Emily (3) is ook reeds as leerders by ‘n privaatskool ingeskryf. Die Gans-Berg Nuus wens hulle net die beste toe in hierdie groot besluit wat hulle geneem het.

 
Hardus Botha
Laaste Erewag vir Jonathan Doyle

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles