Blog

Vrouedag-viering soos min... met Danie Niehaus en Germand Geldenhuys

Vrouedag-viering soos min... met Danie Niehaus en Germand Geldenhuys

Gans-Berg Nuus / News

Vrouedag-viering soos min... met Danie Niehaus en Germand Geldenhuys

Vanjaar se Vrouedag op Woensdag, 9 Augustus 2023 in die Pretoriussaal sal nog lank onthou word - deels vir die sukses en geselligheid daarvan met twee befaamde sangers, Danie Niehaus en Germand Geldenhuys, maar terselfdertyd met groot hartseer en ‘n onverwagse skok.

Image

Die organiseerder van die dag, wyle Mima Snyders, het haar alles gegee om te verseker dat die dag ‘n groot sukses sou wees. “Mense, julle moet kaartjies koop en die dag kom geniet,” het sy byna soos ‘n refrein wyd en syd verkondig. Mima was baie bekommerd dat daar nie genoeg kaartjies verkoop gaan word nie, maar op Vrouedag was die saal volgepak.

Toe gebeur die onverwagse - Dinsdagaand, ‘n dag voor die funksie, het Mima met ‘n hartaanval ineengestort. Woensdag, 9 Augustus 2023 om 07:25 sterf Mima onder operasie - ‘n skrale 2½ uur voordat die funksie, waarvoor sy só hard gewerk het, om 10:00 sou begin. Haar span wat haar ondersteun het, het die trane ‘afgesluk’ en Mima se werk voortgesit - die tafels is finaal versier, gedek en eetgoed is aan die gaste voorgesit.

“Soos almal van ons vir Mima geken het, sou haar wens gewees het dat ons voortgaan en die funksie terdeë geniet, hoe moeilik ookal,” het ds Hanri Joubert in sy verwelkomingsboodskap gesê. “Ons gaan dus op ‘n gesellige wyse voort met hierdie goed-beplande funksie.” Die gaste is met tee/koffie bedien en kon die smaaklike verversings geniet, terwyl almal gesellig saamgekuier het.

Daarna het die twee eregaste en befaamde sangers, Danie en Germand, die verhoog betree - al singende met die bekende lied, ‘Hantam Kind’. “Mima het ons die vorige dag versoek om ‘Sweef soos ‘n Arend’ te sing, maar ek het gesê die lied is nie op ons program nie,” het Danie gesê. “Ek het wel ingewillig en nou dra ons graag hierdie lied aan Mima op.” - Mima se versoek vir Sweef soos ‘n Arend is emosievol deur die manne gesing.

Daarna het Danie en Germand, om die beurt en gesamentlik, die gaste met uitmuntende sang betower. Nuwe liedere, asook uit Toeka se dae, is gesing, met die gehoor se oorverdowende applous na elke lied. Aan humor tussen dié twee manne was daar ook geen tekort nie en daar is gereeld geskaterlag vir hulle spitsvondigheid en humoristiese mannewales. Bekende liedere is gesing, soos New York, I did it my way, Strangers in the Night, Someone told me long ago, The Impossible Dream, en baie meer, asook twee liedere wat deur Danie geskryf is: Jy is Vrou en Man op die Maan. Marianne Löchner het haarself uitstekend van haar taak as klankoperateur gekwyt - sy is reeds vir baie jare Danie se getroue regterhand tydens sy optredes. Sy is ook die dogter van Hennie en Aletta Löchner van De Kelders.

So kan ‘n hartseer oomblik met die regte ingesteldheid en gesindheid na ‘n groot en ontspanne geselligheid omskep word. Danie en Germand het die gehoor aan hul lippe laat hang - hulle mág maar sing, dié twee! Hulle verhoogpersoonlikhede, sang en optrede in die Pretoriussaal sal nog lank onthou word. Opregte dank en waardering ook aan die dames wat die leisels skielik moes oorneem - knap gedaan!

 
Hardus Botha
Vrouedag-viering soos min... met Danie Niehaus en Germand Geldenhuys

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

From community safety and conservation success to local achievements and exciting events...

Gans-Berg Nuus / News
I Am Building My Best Life in Accordance with What I Desire

I Am Building My Best Life in Accordance with What I Desire

There comes a point in every healing journey when you realise that your life can no longer be defined by what happened to you.

Nature's Tiny Pollinator

Nature's Tiny Pollinator

The Grootbos Foundation's Friday news kicks off with a face full of pollen.

Grootbos Foundation
Support Your Pet's Gut Health

Support Your Pet's Gut Health

A healthy gut plays an important role in your pet's overall health...

The Pet Grocer
Overberg Geoscientists Group Newsletter - July 2026

Overberg Geoscientists Group Newsletter - July 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter is now available!

Explore Antarctica with the Overberg Geoscientists Group!

Explore Antarctica with the Overberg Geoscientists Group!

Join the Overberg Geoscientists Group (OGG) for an incredible presentation by environmental scientist and climatologist Paul Lee.

See All Articles