Blog

Prestasie-gevulde Kultuurdae: Laerskool Gansbaai

Prestasie-gevulde Kultuurdae: Laerskool Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Prestasie-gevulde Kultuurdae: Laerskool Gansbaai

Laerskool Gansbaai (LSG) het ‘n klompie bedrywige kultuurdae agter die rug - met goeie prestasies wat deur die leerders behaal is.

 
Words of Arts:

LSG-leerders het pragtig presteer tydens die Words of Arts Fees wat op 15 Augustus 2023 plaasgevind het.

• Kategorie 1, Kreatiewe Kunste - 1ste plek, Kai Lutzeyer (Gr R).
• Kategorie 2, Kreatiewe Skryfwerk - 2de plek, Sylvie Pretorius Gr 3).
• Kategorie 3, Tegnologie en 3D Kuns - 1ste plek, Xavier Otto (Gr 2); 2de plek, Vera du Plessis (Gr 3); 3de plek, Eben du Plessis (Gr 2).

Sylvie Pretorius se Words of Arts-gedig lui soos volg: 

“My suster Dans! - My suster dans elke aand. Maar sy dans soos ‘n gans! Cha cha, tongo of wals? Ek weet nie? Ma sê huiwerig ‘mooi so skattebol’ en Pa sê ‘um hou so vol’! Maar as sy so aanhou gaan sy danslesse moet kry. Anders is haar dans drome klaar verby!”

 
Musiekgroep:

‘n Unieke aanbieding is gedoen waarin die leerders ‘n kombinasie van sang, Orff-instrumente, asook ‘body & vocal percussion’ gebruik het. As instrumente is onder andere ‘n verskeidenheid van tongklapklanke en sportballe gebruik, met hulle lyfies wat as perkussie gebruik is. Daardeur is hulle ritme-ontwikkeling, spanwerk en koördinasies perfek uitgebou.

Die groep het uit die volgende leerders bestaan: Rossouw Coetzer, Liahné Otto, Lia du Toit, Eben du Plessis, Liëtte Kotze, Gia Swart, Hanro Coetzer, Vera du Plessis, Kimberley Shambamuto en Leo Lutzeyer - hou so aan om die Gansies se naam op kultuurgebied hoog te jou!

 
Eisteddfod (Klavier):

Petro Coetzer en Francois Otto het ‘n welverdiende Goud vir hulle Klavierduet, asook ‘n Klavier Solo tydens die onlangse Eisteddfod te verwerf. Dié twee leerders neem buitemuurse privaat klavierlesse.

 
Hardus Botha
 
Prestasie-gevulde Kultuurdae: Laerskool Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles