Kaptein Gerda Groenewald neem leisels vir tweede keer oor

Kaptein Gerda Groenewald neem leisels vir tweede keer oor

Gans-Berg Nuus / News

Image

Kaptein Gerda Groenewald neem leisels vir tweede keer oor

-Gansbaai SAPD-

Gansbaai SAPD se Kaptein Gerda Groenewald is vir ‘n tweede keer aangewys om haar plek in die ‘warm stoel’ van Waarnemende Stasiebevelvoerder van Gansbaai SAPD met ingang van 1 Oktober 2023 in te neem. Kol Winston Coetzee is met ingang van 1 September 2023 vanaf Lt.Kol na die rang van Kolonel bevorder. Hy is na Grabouw SAPD as Stasiebevelvoerder oorgeplaas, waar hy op 1 Oktober 2023 die leisels daar sal oorneem.

“Dit is ‘n groot verantwoordelikheid wat op my skouers as Waarnemende Stasiebevelvoerder geplaas is, maar ek beskou dit weer eens as ‘n uitdaging vir my in my beroepslewe,” het Kapt Groenewald gesê. Sy het Gans-Berg Nuus meegedeel dat sy Kol Coetzee se beleid van ‘n ‘oop deur’ vir die gemeenskap sal voortsit. “My boodskap aan die gemeenskap van Groter Gansbaai is dat ek, net soos Kol Coetzee, op die samewerking en wedersydse respek en vertroue tussen die polisie en die gemeenskap sal fokus,” het sy gesê. “Die gemeenskap is ons oë en ore op grondvlak waarsonder ons nie dieselfde suksesse sal kan behaal nie, maar terselfdertyd wil ek die gemeenskap die versekering gee dat Gansbaai SAPD se uniform- en speurtakke in Gansbaai gestasioneer is vir effektiewe dienslewering aan alle gemeenskappe.”

Kapt Groenewald is in 2018 as Waarnemende Stasiebevelvoerder aangewys, ná die afsterwe van Lt.Kol Kholosa Moshi op 10 Junie 2018. Kapt Groenewald het toe vir sowat 7 maande waargeneem, waarna Kol Coetzee in die pos aangestel is.

Kapt Groenewald het haar polisieloopbaan sowat 32 jaar gelede op 15 Februarie 1991 begin. Sy is 22 jaar gelede op 1 April 2001 vanaf Stellenbosch SAPD na Gansbaai SAPD oorgeplaas. Na 8 diensjare in Gansbaai is sy op 1 Maart 2009 na die rang van kaptein bevorder. Gans-Berg Nuus wens Kapt Groenewald alle voorspoed toe in haar tydelike hoedanigheid.

“Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om my opregte dank en waardering teenoor Kol Coetzee uit te spreek vir die enorme rol wat hy as Stasiebevelvoerder gespeel het,” het Kapt Groenewald gesê. “Ek en die personeel wens hom en sy gesin God’s rykste seën toe in hulle nuwe omgewing.”

 
Hardus Botha
Kaptein Gerda Groenewald neem leisels vir tweede keer oor

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

The Leadership Shift That Changes Everything

The Leadership Shift That Changes Everything

One day, you will look back on this season.

New Fynbos Discoveries and Chelsea Flower Show Prep

New Fynbos Discoveries and Chelsea Flower Show Prep

Your Feelgood Friday starts with news of an exciting little plant that was spotted by a member of our Conservation Research team.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg Nuus / News
Recent Functions Catered by Thyme & Lime

Recent Functions Catered by Thyme & Lime

Thyme & Lime has been bringing people together with delicious catering and beautifully prepared meals.

Thyme & Lime
Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

As the official DA Mayoral Candidate for Overstrand in the 2026 elections, I have taken note of the plight faced by residents across the Overstrand...

Feisty Predator’s “Heels” Under the Microscope

Feisty Predator’s “Heels” Under the Microscope

This week, the raised 'heels' of a feisty predator were under the microscope light.

Grootbos Foundation
See All Articles