Welkom aan Henningh Geldenhuys - BARC

Welkom aan Henningh Geldenhuys - BARC

Gans-Berg Nuus / News

Image

Welkom aan Henningh Geldenhuys - BARC

Die bestuur van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC), het ‘n nuwe Algemene Werker aangestel - Henningh Geldenhuys. Die aanstelling volg op die bedanking van Franco Visser, ‘n getroue jongman wat van groot hulp vir BARC by die hokke was.

Henningh het op Woensdag, 13 September 2023 met sy werk begin. Sterkte word hom deur die bestuur toegewens. Hy is oorspronklik van Rawsonville en is nou sowat 1½ jaar ‘n Gansbaaier.

Kennis kan geneem word van ‘n 5km Lente draf/stap te Groeneweide op Saterdag, 30 September 2023 om 09:00, nadat dit as gevolg van gure weer uitgestel moes word. Nols Jonas, BARC se Veldwerker, sal honde met leibande saamneem vir vrywilligers om met die honde aan die stap deel te neem. Dit sal kort na die gebruiklike parkrun plaasvind. Toegang is gratis, maar bring gerus broodnodige donasies ten bate van BARC saam. Hierdie pretstap is vir die hele gesin. Dit is groot pret om met BARC se ‘viervoetige pels-babas’ aan ‘n leiband te stap - en alles is vir ‘n goeie doel. Vir navrae kan Amy by 079 031 5081 gekontak word, of skakel vir Nols Jonas by 083 742 3903.

 
Hardus Botha
Welkom aan Henningh Geldenhuys - BARC

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles