Blog

Hospitaal-Nuus: Overstrand Medical Centre

Hospitaal-Nuus: Overstrand Medical Centre

Gans-Berg Nuus / News

Hospitaal-Nuus: Overstrand Medical Centre

Gansbaai se hospitaal, die Overstrand Medical Centre (OMC), se eerste sooi is op Vrydag, 28 Julie 2023 deur Raadsdame Riana de Coning gespit. (Gans-Berg Nuus, 28 Julie 2023). “Die langverwagte droom om ons eie hospitaal vir die Gansbaai-gemeenskap te kry, het vandag gerealiseer en ek voel lus om ‘Halleluja’ te skree!” - het sy op daardie welkome en vreugdevolle dag gesê.

Intussen het die Gans-Berg Nuus verskeie navrae oor Staatspasiënte se toegang tot die hospitaal ontvang. 

Die antwoord wat in hierdie verband van dr Pierre Nel ontvang is, lui soos volg: “Die hospitaal is wel 100% privaat, maar ons gaan ‘n Service Level Agreement (SLA) met die Departement van Gesondheid aangaan om pasiënte wat nie Privaat Gesondheidsorg kan bekostig nie, by te staan en te akkommodeer. Sulke pasiënte sal dan in noodgevalle deur ons gestabiliseer word en dan na ‘n Staatshospitaal oorgeplaas word.”

Dr Nel het ook bevestig dat alles met die hospitaal volgens plan verloop en die gemeenskap kan rustig wees, al wil dit soms lyk asof aktiwiteite tot stilstand gekom het - dit is alles behalwe die geval, aangesien baie werk agter die skerms gedoen word. “Ons is tans besig om die ‘sewage line’ van 190 meter in te sit,” het dr Nel gesê. “Dit lê 2 meter diep en moet met die hand gedoen word, aangesien dit fibre, waterpype, elektriese kabels, rioolpype en die dies meer kruis.” Hou die Gans-Berg Nuus dop vir enige verdere verwikkelinge. 

 
Hardus Botha
Hospitaal-Nuus: Overstrand Medical Centre

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles