Blog

Franskraler se Ontdekkingsreis in Ierland

Franskraler se Ontdekkingsreis in Ierland

Gans-Berg Nuus / News

Franskraler se Ontdekkingsreis in Ierland

Sylvie Agenbach van Franskraal sal haar kuier in Ierland vanaf 19 Junie tot 17 Augustus vanjaar nie lig vergeet nie. “Ek is nie iemand vir ‘shopping’ nie, so ek het elke oomblik gebruik om besienswaardighede en geskiedkundige geboue te besoek,” het sy gesê, en dadelik die prag-boek, ‘Ireland - The Emerald Isle’ van Martin J Dougherty nader getrek.

Sylvie se dogter, Zurane en haar skoonseun, Laurence Fouré woon in County Kenullen. Om haar kleinkinders, Kayden (16) en Layla (13), weer te kon sien, was op sigself ‘n hoogtepunt. “Terloops, elke dorpnaam in Ierland word vooraf gegaan met die woord ‘County’,” vertel sy.

Sylvie het enkele hoogtepunte beskryf, maar dit is ‘n onbegonne taak om alles hier te noem - sy het nie net alles staan en bewonder nie, maar elke besoekpunt se geskiedenis sorgvuldig nageslaan. Sy sê wat haar ook beïndruk het, is die pragtige groen gras oral in Ierland, selfs langs die sypaadjies en paaie wat uit die dorpe lei - “om nie eens na die ongelooflike tuine, klippe en rotse te verwys nie.”

Die Kilkenny Castle in County Kilkenny was besonders. “Dit was vir my verstommend dat die land Rooms Katoliek is, maar tog word al God se skeppingswerke uitgebeeld, insluitend Christus se kruisiging,” vertel sy. Sedert 1969 is dit in die sorg van die Departement Publieke Werke geplaas.

Die St Patrick’s Cathedral in County Maynooth is ‘n indrukwekkende gebou wat binne die St Patricks Universiteit geleë is. Die universiteit is in 1795 gebou met die National Seminary wat daar is. Sowat 11,000 priesters is in die katedraal opgelei. Die katedraal het 454 sitplekke (oorkant mekaar) en die sitplekleunings en panele is met uitgekerfde plante, diere en blomme versier. Die vloere verteenwoordig die ‘Saints’ en alles is aangebring om God te loof, soos engele wat instrumente dra; die panele bokant die muur verteenwoordig groeperinge van 14 fassette wat tot die kruisiging van Christus gelei het, met Nataniël Westlake wat die werk gedoen, asook die plafonskilderye. St Peter staan met ‘n sleutel en St Paul met ‘n swaard en altwee word as Engele voorgestel.

Die Irish National Stud Garden in County Kildare van die 6de eeu, ook bekend as die St Fiachra’s Garden, is tussen 1906 en 1910 deur Tassa Eida (Japanees) ontwerp - meer as 250 van die bekende Irish Racehorses word jaarliks daar gebore, insluitend die legendariese Invinsible Spirit, vader van kampioen-resiesperde oor die wêreld heen. Die Kinsale Fort in County Cork is waar die Spanjaarde geland het om Engeland binne te val. Die Fort is gebou om verdere aanvalle te verhoed. Vandag word dit as ‘n visvang- en seilboot marine-oord gebruik. Sylvie was verstom oor die Cliffs of Mother in County Clare wat meer as 200 meter hoog is, met groot hoeveelhede voëlspesies wat daar is. Aanvanklik is dit as ‘n uitkykpunt tydens die Napoleonse oorloë gebruik. Die Coph in County Cork is waar die legendariese Titanic boot met haar bootvaart begin het - die Titanic Museum is ook daar geleë. Die Giant’s Causeway van sowat 10-12 meter in County Anbrim staan bekend as die Unesco World Heritage Site waar die Natural Wonders of British Isles is. Dit en nog baie meer, moes ‘n belewenis gewees het om te kon besigtig en te beleef.

 
Hardus Botha
Franskraler se Ontdekkingsreis in Ierland

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

The Leadership Shift That Changes Everything

The Leadership Shift That Changes Everything

One day, you will look back on this season.

New Fynbos Discoveries and Chelsea Flower Show Prep

New Fynbos Discoveries and Chelsea Flower Show Prep

Your Feelgood Friday starts with news of an exciting little plant that was spotted by a member of our Conservation Research team.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg Nuus / News
Recent Functions Catered by Thyme & Lime

Recent Functions Catered by Thyme & Lime

Thyme & Lime has been bringing people together with delicious catering and beautifully prepared meals.

Thyme & Lime
Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

As the official DA Mayoral Candidate for Overstrand in the 2026 elections, I have taken note of the plight faced by residents across the Overstrand...

Feisty Predator’s “Heels” Under the Microscope

Feisty Predator’s “Heels” Under the Microscope

This week, the raised 'heels' of a feisty predator were under the microscope light.

Grootbos Foundation
See All Articles