Blog

Dapper-stappers vir Borskanker-‘Survivors’

Dapper-stappers vir Borskanker-‘Survivors’

Gans-Berg Nuus / News

Dapper-stappers vir Borskanker-‘Survivors’

-10de verjaarsdag van Franskraal Staptogte- 

‘n Pragtige dag. ‘n Gesellige atmosfeer. Opgewonde dapper-stappers vir Reik na Herstel Borskanker Ondersteuningsgroep (Reach for Recovery Breast Cancer Support Group) - ten bate van Borskanker-‘Survivors’. Op Annaleen Genade, organiseerder van Gansbaai ‘Reach for Recovery’ se vraag: “Wie is almal ‘survivors’?”, het meer as driekwart van die deelnemers hul hande opgesteek. 

Borskankermaande is Oktobermaande, maar weersomstandighede het die organiseerders genoop om dit na Saterdag, 4 November 2023 te skuif. Sowat 200+ ondersteuners en ‘survivors’ het aan vanjaar se goed-georganiseerde Borskankerstap deelgeneem. Hulle het vanaf Franskraal se parkeerarea na Blousloep en terug gestap, ingesluit ‘n aantal honde wat meegedoen het - met ‘n onderlinge gesellige atmosfeer wat deurgaans geheers het. “Dit was weer eens ‘n lekker gevoel oor nog ‘n Borskankerstap wat suksesvol verloop het,” het Annaleen gesê. Daar was pryse ‘vir Afrika’ wat aan deelnemers oorhandig is - selfs honde het ‘n pakkie in die bek ontvang! 

Reach for Recovery Breast Cancer Support Group bestaan uit opgeleide vroue wêreldwyd wat vroue wat borskanker-operasies ondergaan het, ondersteun en besoek - in hospitale en tuis. Breast Cancer Support Group in Suid-Afrika vier vanjaar hulle 56ste bestaansjaar. Dit is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) wat emosionele en praktiese ondersteuning bied aan persone, mans en vrouens, wat met borskanker gediagnoseer is. 

Annaleen Genade kan by 072 523 0650 vir meer besonderhede gekontak word. 

 
Hardus Botha
Dapper-stappers vir Borskanker-‘Survivors’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles