Blog

Uilkraal Feestelikheid

Uilkraal Feestelikheid

Gans-Berg Nuus / News

Uilkraal Feestelikheid

Die Kampkomitee van Uilenkraalsmond Vakansie-oord het gedurende die Feesseisoen vir ‘n vol program van feestelikheid gesorg. Die NGK se Kersdiens is ook daar aangebied, met baie moeite deur Lucille en Lerey om die saal pragtig te versier. Na die diens is die kinders bederf met lekkers, nadat hulle lekker saamgesing het.

Die vakansieprogram het onder andere die volgende ingesluit: daaglikse kinderpret, stalletjies, potjiekos-kompetisie, inkleurkompetisie, Kersvader wat kom kuier het, boeresport en ‘n gesellige sokkiejol. Langsaan was die gebruiklike en gewilde mini-gholf en water-glybane bedrywig. 

Die hoogtepunt was die aanwys van Mnr & Mej Skulpie (3-5 jariges), Mnr & Mej Kraaltjie (6-10 jariges), Mnr & Mej Junior Uilkraal (11-17 jariges) en Mnr & Mej Uilkraal (18-25 jariges). Die beoordelaars wat die moeilike taak gehad het om die wenners aan te wys, was Gina Basson, Linda Kloppers en Jaco Louw. Moeilik moes dit beslis gewees het - almal was pragtig en puik in hul optredes, dus was alle deelnemers eintlkik wenners gewees.

 
Hardus Botha
Uilkraal Feestelikheid

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles