Blog

Tophengelaar in die Land - Pieter du Toit (Jnr)

Tophengelaar in die Land - Pieter du Toit (Jnr)

Gans-Berg Nuus / News

Tophengelaar in die Land - Pieter du Toit (Jnr)

Om as die Tophengelaar, waarskynlik in die land, beskou te word, is sonder twyfel noemenswaardig - des te meer as daardie hengelaar ‘n Gansbaaier is! Pieter du Toit (Jnr) het met sy uitmuntende prestasies as o/21 hengelaar tydens die Internasionale Hengelkompetisie in Desember 2023, asook in die Nasional Hengelkompetisie van Januarie 2024 bewys waarom dit die geval is.

Tydens die Internasionale Hengelkompetisie van 2-8 Desember 2023 in Namibië het Pieter die o/21 Proteaspan verteenwoordig. Daar is hy eerstens as die Hengelkampioen in die o/21 Afdeling aangewys en tweedens as Algehele Wenner van die Toernooi, wat alle afdelings insluit, soos Seniors, Meesters, Dames, ens.

Pieter se totale gewig van visse wat hom hierdie prestasies laat behaal het, was ‘n allemintige 481.5kg. Hy het 4 bronshaaie van meer as 100kg elk gevang, waarvan 3 op dieselfde dag gevang is, wat die grootste bronshaai ingesluit het. Wat sy prestasies des te meer groter maak, is dat dit die 2de agtereenvolgende jaar is wat hy as Algehele Kampioen bekroon word - dit is ‘n eerste in die geskiedenis wat dit gebeur het. 

In Januarie 2024 ‘woed’ Pieter voort op sy oorwinningspad. Hy neem deel aan die Nasional Hengelkompetisie te Struisbaai in die o/21 Juniors afdeling, waar hy weer sy Protea-klere verwerf. Nou is Pieter gekeur om vir die 3de agtereenvolgende jaar in Desember 2024 na Namibië te gaan. Aangesien hy onlangs 21 jaar oud geword het, was dit sy laaste kompetie as o/21 hengelaar. Voortaan gaan hy in die Senior Afdeling sy staal moet wys.

 
Pieter (Jnr) se pad na sukses

Kyk mens terug op Pieter (Jnr) se suksesvolle hengel-pad, spog hy met baie rekords sedert hy by die WP o/16’s in 2016 aktief betrokke geraak het en ook sy Boland-kleure verwerf het. Daarna volg die o/21’s, waar hy in die 2018/19 hengelseisoen as Algehele Junior Kampioen van die WP gekroon word en in die o/21 Proteaspan opgeneem word. Hy is hy ook die WP-rekordhouer (o/21) vir sy skeurtandhaai van 225kg, asook vir sy bronshaai van 193kg. Hy hengel vir die Westelike Provinsie (WP), maar is by Tygerberg Rots- en Strandhengelklub geaffilieer. Pieter het op die vistreiler, Wafra van Boetie (Oubol) Wessels gewerk, maar is tans op die vistreiler, Stormgans van Stollie en DP Fourie. 

 
Pa en Seun Hengel-kombinasie

Pieter (Snr) en Pieter (Jnr) is soos Vinkel en Koljander waar dit by hengel kom. Pieter (Snr) spog self met uitstekende hengel-prestasies in die verlede, maar tans geniet hy sy amp as afrigter van die o/16 Protea-hengelaars, waar hy die geleentheid het om sy kennis en ervaring aan die jonger geslag oor te dra.

Pieter (Jnr) bedank graag sy Spanbestuurder, Morné Esterhuysen en sy afrigter, Xander de Beer vir die afgelope 2 jaar se vertroue in hom, hulle ondersteuning en bystand. “Dankie ook aan alle Gansbaai ondersteuners, borge en donateurs (hulle weet wie hulle is!),” het hy gesê. “Elkeen het ‘n bydrae gelewer in die verwesentliking van my droom!”

 
Hardus Botha
Tophengelaar in die Land - Pieter du Toit (Jnr)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

The Leadership Shift That Changes Everything

The Leadership Shift That Changes Everything

One day, you will look back on this season.

New Fynbos Discoveries and Chelsea Flower Show Prep

New Fynbos Discoveries and Chelsea Flower Show Prep

Your Feelgood Friday starts with news of an exciting little plant that was spotted by a member of our Conservation Research team.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg Nuus / News
Recent Functions Catered by Thyme & Lime

Recent Functions Catered by Thyme & Lime

Thyme & Lime has been bringing people together with delicious catering and beautifully prepared meals.

Thyme & Lime
Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

As the official DA Mayoral Candidate for Overstrand in the 2026 elections, I have taken note of the plight faced by residents across the Overstrand...

Feisty Predator’s “Heels” Under the Microscope

Feisty Predator’s “Heels” Under the Microscope

This week, the raised 'heels' of a feisty predator were under the microscope light.

Grootbos Foundation
See All Articles