Blog

Buffel, Onrusstrand se Olifantrob

Buffel, Onrusstrand se Olifantrob

Gans-Berg Nuus / News

Buffel, Onrusstrand se Olifantrob

Buffel, soos die olifantrob op Onrus se strand gedoop is, het na 9 jaar teruggekeer om te kom ‘vervel’, wat sigbaar is op een van die foto’s. Duidelik voel hy heel tuis, met ‘n ‘kampie’ om hom en ‘n sekuriteitswag om na sy veiligheid om te sien.

Buffel het, aldus Onrus se Facebook inligting, presies 9 jaar gelede op Onrusstrand kom ‘kuier’. Dit was die laaste dat hy daar gesien is, daarom is dit baie opwindend vir die inwoners dat hy teruggekeer het. 

Die goep sê hulle weet dat dit hy was, want hy was destyds met 'n geel plastiekplaatjie op sy agterste flippers gemerk, wat steeds daar is. Interessant genoeg is dat Buffel slegs 3 maande vantevore by Buffelsbaai in die SANParke, Tafelberg Nasionale Park, opgemerk is. Na raming is hy nou sowat 24 jaar oud, wat hom eintlik 12 jaar oud maak. Alle aanduidings is daar dat dié ou grote sedertdien volwasse geword - dit kan gesien word op die onderskeie foto’s van destyds en nou. Wat die mees opvallendste is, is die ontwikkeling van sy proboscis (groot opblaasneus), asook die baie letsels wat hy intussen opgedoen het. Dit is bekend dat die olifantrob (mannetjies) gereeld in gevegte met mekaar betrokke is, of selfs met die Kaapse pelsrobbe.

Die skakel na sy 2015-besoek is hier.

(Hoofbron: Onrus Facebook)

(Foto’s: Willem Botha, Vermont)

Die suidelike olifantrob

(Mirounga leonina)

Die suidelike olifantrob (Mirounga leonina) is een van 2 spesies olifantrobbe. Dit is die grootste lid van van die klade Pinnipedia en die orde Carnivora, asook die grootste bestaande mariene soogdier, uitgesluit die walvis. Die mannetjies weeg tot 6 keer swaarder as die wyfies. Die naam ‘olifant’, het te make met die harde brul van die mannetjie, veral gedurende die broeiseisoen. In die 19de eeu is die spesie dikwels die ‘bottelneus seël’ genoem.

Die rekordgrootte bul, wat op 28 Februarie 1913 in Possession Bay, Suid-Georgië, geskiet is, was 6,85m lank, met ‘n gewig van sowat 5 000kg. Die maksimum grootte van 'n wyfie is sowat 1 000kg, met ‘n lengte van 3,7m. Hulle agterste ledemate is ongeskik vir beweging op land, daarom gebruik hulle hul vinne as ondersteuning om hul liggame aan te dryf en kan selfs so vinnig as 8 km/h vir kortafstandreise beweeg om terug te keer na water, om 'n wyfie in te haal of om 'n indringer te jaag.

Satellietopsporing het aan die lig gebring dat hierdie robbe baie min tyd op die oppervlak spandeer, gewoonlik net 'n paar minute om asem te haal. Hulle is die diepste duikende lugasemende nie-walvisse en is al op 'n maksimum van 2 388m in diepte aangeteken. 

Image 1
Image 2
Image 3
 
Hardus Botha
Buffel, Onrusstrand se Olifantrob

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles