Blog

Noodeenheid Van Hospitaal Nader Voltooiing

Noodeenheid Van Hospitaal Nader Voltooiing

Gans-Berg Nuus / News

Noodeenheid Van Hospitaal Nader Voltooiing

-Overstrand Medical Centre-

Die deel van die konstruksiewerk vir die hospitaal wat tans in aanbou is en vanaf die ingang by die dorp (oorkant die SAPD-gebou) gesien kan word, is die Noodeenheid wat aan die toekomstige teater sal grens. By voltooiing sal die Noodeenheid 24 uur van die dag en 7 dae van die week funksioneer. Die loodgieter en elektrisiën is tans besig om hulle installerings te doen, waarna die mure gepleister gaan word.

Dit is deel van die goeie nuus wat dr Pierre Nel hierdie week aan die Gans-Berg Nuus oorgedra het. “Ons gaan begin om die vormwerk vir die ‘ringbeams’, waarop die dak rus, net na die Paasnaweek te bou,” het Pierre gesê. “Die beplande datum vir die voltooiing van die konstruksiewerk is einde Julie vanjaar.”

Pierre sê die ‘Commissioning’ deur die Departement van Gesondheid sal hopelik teen die einde van Augustus 2024 voltooi wees. “Ons hoop om binne die volgende twee maande met die konstruksiewerk van die teater en saalblokke te begin, met die riool-aansluitings wat reeds verlede week voltooi is,” het Pierre voorts gesê.

Hierdie nuus bevestig weer eens dat Gansbaaiers geen rede tot kommer het oor die realisering van ons dorp se eie hospitaal, die Overstrand Medical Centre, nie. “Na soveel jare se harde werk en deursettingsvermoëns, is ons uiteindelik vandag hier om die eerste sooi vir Overstrand Medical Centre te spit,” het Raadsdame Riana de Coning op Vrydag, 28 Julie 2023 tydens die sooispit-geleentheid gesê. Riana het destyds na Roy T Bennett verwys, wat gesê het: “When you start living the life of your dreams, there will always be obstacles, doubts, mistakes and setbacks along the way. But with hard work, perseverance and self-belief there is no limit to what you can achieve.” - “En dít is presies wat oor die afgelope tydperk, en steeds, met die beplanning van die hospitaal gebeur het,” het sy bygevoeg. 

 
Hardus Botha
Noodeenheid Van Hospitaal Nader Voltooiing

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles