Blog

Motorfiets-Enjins Brul vir Jesus

Motorfiets-Enjins Brul vir Jesus

Gans-Berg Nuus / News

Motorfiets-Enjins Brul vir Jesus

“May the sun rise in front of me, the rain falls behind me and the wind follows me. May the angels guard my travels and swirling turns. Let the eagle guide me to the mountain tops. Let the moon’s light guide me through the night. Lord thank you for letting me be a biker.” (Biker Prayer).

Sondag, 17 Maart 2024 was ‘n besonderse dag by die NG-gemeente, Baardskeerdersbos. Motorfietsryers (Bikers, soos hulle na hulself verwys) het in groot getalle vir die erediens opgedaag. Die reëlings is deur die Gansbaai Dogs of War, onder leiding van voorsitter Johan Pretorius, getref. Dit was in samewerking met die NG Kerk Gansbaai onder leiding van ds Floors Avenant, asook Baardskeerdersbos Streeksraad en omliggende motorfietsklubs. 

Die besluit om die diens op 17 Maart te hou, hou verband met ‘n motorfietsbyeenkoms in Januarie vanjaar in Kaapstad, waar klem gelê is op toewyding en seën op die betrokkenes met verwysing na veiligheid in die uitvoering van hulle dienslewering. Met die gewildheid van die R43 vir motorfietsritte en Baardskeerdersbos as die voorkeur stoppunt in gedagte, is die diens in die historiese NG Kerkgebou in Baardskeerdersbos gehou en deur ds Floors waargeneem. 

Hartlike samesang is die diens vooraf gegaan. Die gaskunstenaar was Gansbaai se gewilde Ruben Lennox wat die sang gelei het en ook die NG-lied, ‘Hawe van God se Genade’ gesing het. Floors het ‘n relevante boodskap, gebaseer op Lukas 10: 25-37, aan die toehoorders gebring. Hy het die bekende gelykenis van die Barmhartige Samaritaan aan die Dogs of War se missie gekoppel. “Dit is juis waarmee hulle besig is,” het Floors gesê. “Dit is om die gapings in die gemeenskap se behoeftes en nood te vul; moenie ‘kyk’ na nood en verbystap nie - ‘kyk’ en ‘stop’ om die gaping te vul deur die nood te verlig. Sò ‘n ingesteldheid bring bring heling en hoop in ander se nood mee, maar ook vir onsself,” het Floors sy boodskap afgesluit. In Johan Pretorius se eie woorde: “We fill the gabs and we make the engines talk!”

Na afloop van die diens het die besoekers en bikers by die motorfietse bymekaargekom en saam gedeel in die bid van die ‘Biker Prayer’. Johan Pretorius het die bikers se tevredenheid met die dag se reëlings uitgespreek. “Ek voel dat hierdie inisiatief ‘n jaarlikse instelling moet word, waarskynlik gedurende Januarie soos dit in Kaapstad die geval is,” het Johan gesê. Na gesellige interaksie tussen die besoekers en bikers, het die bikers vertrek vir ‘n gesamentlike geselligheid by die Ou Skool Restourant in die prentjie-mooi Baardskeerdersbos.

Ruben Lennox het, op baie kort kennisgewing, ‘n pragtige Bikerslied, ‘Dogs of War’, spesiaal vir die dag gekomponeer (musiek en liriek), met die refrein as volg: “We are the Dogs of War; Fighting for Jesus ev’ry day; We are The Dogs of War; We ride, we sing, we pray; We are the Dogs of War; Keeping the devil on the run; We’ll be riding the peace when Jesus comes.” 

 
Hardus Botha
Motorfiets-Enjins Brul vir Jesus

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles