Blog

120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

Gans-Berg Nuus / News

120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

Die Herberg Kinderhuis in Robertson is een van die NG-gemeente Gansbaai se ‘buite’-projekte en ondersteuning word gereeld aan die kinderhuis vanuit hierdie omgewing verleen, so ook deur enkele individue in en rondom Gansbaai. Soms is dit gebak, ander kere is dit toiletware, klere en snoesige warmtruitjies vir die winter. Van die kinders is ook al vir ‘n naweek se ontspanning na ons omgewing gebring.

Francette Cilliers-Malan en haar buurvrou, Tessa Jordaan is twee dames wat onlangs 120 truie (groot, medium, klein en babatruitjies) gebrei en gehekel het, asook 120 hoedjies/keppies. Dit sal eersdaag by die kinderhuis afgelewer word. Francette is die een wat truitjies brei, terwyl Tessa verkies om dit te hekel - in altwee die gevalle is die eindprodukte ewe pragtig.

Francette is baie jare al bekend met haar liefdadigheids-breiwerk vir verskillende liefdadigheidsorganisasies. Tessa het sowat 5 jaar gelede by haar aangesluit en tussen die twee het ‘n magdom van truitjies en mussies al die lig gesien - die een brei, die ander een hekel, byna soos vinkel en koljander!.

Die Herberg Kinderhuis in Robertson het net gedurende die afgelope paar maande 27 nuwe kinders opgeneem. Uitgawes met verwysing na skoolklere, winters-nagklere, skoolbenodighede en ekstra warm komberse vir die kinders beloop groot bedrae geld. Een van hulle fondsinsamelingsprojekte is die jaarlikse Ca2Cx fietstoer (Klein Joostenberg na Knysna) deur Classic Cycles Cape Town vanaf 25 Junie tot 2 Julie 2024 ten bate van die kinderhuis. Groter Gansbaai se entoesiastiese fietsryers en -klubs kan gerus kennis hiervan neem. Belangstellendes kan vir Johan Steyn (JJ) by 082 938 9886 skakel, of stuur ‘n epos aan hom by classiccycles1@gmail.co. Daar is nog plek vir inskeywings.

 
Hardus Botha
120 Truitjies en Hoedjies vir Herberg Kinderhuis

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles