Blog

Pragtige Skenkings vir Baadjies-aan-Bome

Pragtige Skenkings vir Baadjies-aan-Bome

Gans-Berg Nuus / News

Pragtige Skenkings vir Baadjies-aan-Bome

Gans-Berg Nuus se Baadjies-aan-Bome projek op Saterdag, 25 Mei 2024 kan as ‘n enorme sukses beskryf word. Die projek, in samewerking met Gansbaai Toerisme, het die groot boom by die Farmer’s Market soos ‘n ‘klerekas’ laat lyk. Gansbaaiers se harte was oop en selfs nuwe klere, waarvan die prysetikette van sommiges nog aan was, is geskenk.

Michelle van Zyl (eienaar/redakteur) en Alethea Baytopp van die Gans-Berg Nuus was sommer vroegoggend al by die boom, met Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, wat hulle ondersteun het. Hangers is inderhaas bekom en toue is in die boom gespan, waarna Michelle en Alethea die kledingstukke opgehang het - hordes daarvan!

‘Wintertyd is Baadjies-aan-Bome tyd’, wat ‘n landswye projek is om baadjies vir behoeftiges op ‘n unieke wyse beskikbaar te stel - dit word aan ‘n boom gehang en kan daar afgehaal word - items wat broodnodig is vir die koue wat alreeds begin toeslaan het. In Engels staan die projek as “Free on a Tree” bekend. Die beweging het in 2018 begin toe Oliver Edwards van Tasmanie, Australië, as deel van ‘n skoolprojek, besluit het om hawelose mense te help - in Suid-Afrika het die projek onmiddelik vlamgevat.

“Ek is meer as tevrede met ons projek se resultate,” het Michelle gesê. “Die hoeveelheid baadjies, truie, komberse en ander winter-kledingstukke wat op hierdie wyse beskikbaar gestel is, het ‘n warm gevoel van satisfaksie meegebring - gedagtig aan die bedoeling van die projek en ons is dankbaar teenoor ons lesers en ander inwoners vir hulle onbaatsugtige bydraes.”

Hardus Botha

Pragtige Skenkings vir Baadjies-aan-Bome

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026

Golf Competition Results for 16 - 19 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
New Arrivals at Komtessa Boutique!

New Arrivals at Komtessa Boutique!

Fresh styles have arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
A Wonderful Guest Review

A Wonderful Guest Review

We love hearing from our guests! 

Amazing Grace B&B
New Hair Salon Team Members

New Hair Salon Team Members

We’re so excited to welcome Andrea Bergstedt and Valerie Woods to the Visions Styl’n Chic team!

Visions Styl'n Chic
’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

’n Soet verrassing by die Gansbaai Mark!

Ons Junior Koorgroepie het die kuiergaste by die Gansbaai Mark in die Pretoriussaal gaan verras met hul pragtige "pannekoek".

Laerskool Gansbaai
See All Articles