Hospice seminaar

Hospice seminaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Inleidende seminaar vir Gansbaai gemeenskapsleiers, ‘n eerste van sy soort, is op Maandag, 15 September in Herberg-aan-See se sitkamer aangebied. “Die doel van hierdie oorsigtelike bekendstelling is om die werksaamhede van Overstrand Hospice aan die Gansbaai-gemeenskap bekend te stel,” sê Fransil Kotze, Maatskaplike Werker en Vrywil-lige Koördineerder van Overstrand Hospice.

Onderwerpe wat aangeraak is, is: Oorsig van Overstrand Hospice; Palliatiewe versorging; Rol van vrywillige helpers; Hospice-winkel; Pasiëntesorg op daaglikse basis; Befondsing; 600 Klub; Dag-Hospice vir pasiënte.

Teen die einde van 2012 het Overstrand Hospice ‘n strategiese besluit geneem om vrywilligers in onder andere die Gansbaai-, Pearly Beach en Kleinmond tot by Rooi Els op te lei. In 2013 is die eerste groepie Gansbaaiers opgelei en in Augustus 2014 die eerste groep Pearly Beachers. Dieselfde kursus is in Kleinmond op 28 Julie tot 8 Augustus aangebied. Nou het Gansbaai die geleentheid ontvang om behoorlik ingelig te word met die oog op vrywillige deelname aan Overstrand Hospice.

Die 600-Klub is saam met Overstrand Hospice in 2007 gestig. Die doel van die klub is om enersyds fondse vir Hospice te genereer en andersyds om die algemene publiek die geleentheid te bied om pryse te wen terwyl hulle ‘n liefdadigheidsorganisasie ondersteun. ‘n Donasie ten bedrae van R50/maand via gekontroleerde debietorders is nodig om aan die 600-klub te behoort en om ‘n kans te staan vir die wen van kontant- en ander goeie pryse. Norma Scott-Tomlin van Overstrand Hospice kan by 028-312-4679 gekontak word. Kennis kan ook geneem word dat die Hospice-winkel “in die hart” van Hermanus in Aberdeenstraat geleë is. Die winkel voorsien reeds vir sowat 7 jaar in die fisiese en emosionele behoeftes van inwoners van en besoekers aan Hermanus. Items soos klerasie, boeke, kunswerke, huishoudelike goedere en veel meer vloei deur die winkel vanuit die gemeenskap en terug aan die gemeenskap.

Die winkel se kontaknommer is 028-313-1884. “Ons is baie tevrede met die dag se verrigtinge en is positief oor Hospice se teenwoordigheid in Gansbaai en Pearly Beach,” het Fransil gesê.

Hardus Botha

Hospice seminaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles