Overstrand se Toekomspad

Overstrand se Toekomspad

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Om ‘n sentrum van uitnemendheid vir sy gemeenskap te wees,” lui Overstrand munisipaliteit se visie. “Een manier om hierdie visie te kan uitleef is deur kennis te deel ter bevordering of ontwikkeling van die gebied: kundigheid in ‘n nuwe Suid-Afrika, en ook in Overstrand, is baie belangrik en almal moet help om die skaars komoditeit beter te benut,” het rdl Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester tydens ‘n toeligtingsvergadering gesê.

Rdh Pieter Scholtz, Overstrandse Onderburgemeester, het as seremoniemeester opgetree, met rdl Dudley Coetzee wat ‘n aanbieding oor strategiese beplanning aangebied het. Rdl Botha-Guthrie het die gaste toegespreek oor waarheen hulle met die Overstrand op pad is. “Ons funksies en mandaat as derde sfeer van regering is in die Grondwet vervat, en dit is om basiese diens te lewer,” sê rdl Botha-Guthrie. “Die kernfunksies is water, sanitasie, vullisverwydering, elektrisiteit en munisipale paaie wat ons dag tot dag taak is, terwyl veel meer gedoen word.”

Overstrand word deur die volgende suksesse gekenmerk: Toekenning vir 2de beste munisipaliteit in die land (2014); Ontvanger van toekennings met betrekking tot die skoon ouditverslag vir 2012/2013, asook vir die afgelope klompie jare; Drie Internasionale Blouvlag strande, Grotto, Hawston en Kleinmond; Groen- en Blou druppel status van ons water- en gesuiwerde rioolwaterwerke; Katagorie-wenners van die Groenste munisipaliteit kompetisie; Omgewingsbestuur (Werk vir die Kus) en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling; Toekennings vir Infrastruktuur innovasie, onder andere die Preekstoel biologiese water behandelingsplan, die Kleinmond laekoste behuisingsprojek vir sy vordering op die gebied van groen ekonomie; Die Rioolsuiweringsprojek te Gansbaai; Verskeie watersuiweringsprojekte in Gansbaai.

“Gansbaaiers wat dink Gansbaai ontvang nie hulle deel nie, moet weer dink,” het sy glimlaggend gesê. “Die Overstrand het die afgelope 13 jaar in Gansbaai alleen R243,349,027 aan infrastruktuur spandeer, soos watersuiwering, rioolwerke, afvalbestuur, elektrisiteit en strate, wat sowat 21% van die R1,4 miljard is wat in die Overstrand in geheel spandeer is.” Die Overstrand word beskou as die 7de vinnigste groeiende gebied in Suid-Afrika en die 3de in die Wes-Kaap, maar sy het ook na vele uitdagings verwys wat oorbrug moet word. “Om uitdagings aan te spreek, word die Overstrand se ontwikkelingsrigting deur medium- en langtermyn beplanningsprosesse gelei,” het sy gesê. “Die huidige 5-jaar Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) dien as medium termyn plan, maar om aan ons visie te voldoen, is intensief na die langer termyn gekyk.”

Alle strategiese beplanningsdokumente waarna verwys word, is deur die Raad goedgekeur en is by die munisipaliteit ter insae beskikbaar. “Ek doen ‘n beroep op almal om met ons saam te werk ten einde die weg te baan wat tot almal se voordeel sal wees,” het rdl Botha-Guthrie gesê. 

Hardus Botha

Overstrand se Toekomspad

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles