Ons het mekaar nodig

Ons het mekaar nodig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers Sy wet dat julle mekaar moet liefhê.” (Gal. 6:2 – Geloof in aksie Bybel)

Lees eers weer hierdie teks uit Galasiërs 6:2.  Dink jy dit is wat vandag onder Christene gebeur? Is ons besig om mekaar se laste te help dra? As ek na ander godsdienste in die wêreld kyk en lees hoe hulle teenoor mekaar optree, dan is die een saak wat telkens uitstaan, die manier waarop hulle mekaar ondersteun. As een persoon swaarkry dan is die medegelowiges dadelik gereed om hom of haar by te staan en te ondersteun.

Booker T Washington, ’n slaaf in Amerika in die vorige eeu het hierdie interessante gebeurtenis vertel wat hom as kind getref het. Hulle het as kinders in die plantasies grootgeword en moes hemde dra wat van ruwe, stekelrige, goedkoop materiaal gemaak was. Die materiaal het jou vel gekrap en baie pyn en ongemak veroorsaak. Sy ouer broer, wat al geleer het van swaarkry, het altyd Booker se nuwe hemde gedra totdat hulle baie sagter en meer drabaar was. Dit het hom as kind geleer wat dit beteken om jou broer se laste te help dra. (Gal. 6:2)

Moeder Theresa is bekroon met die hoogste toekenning vir haar barmhartigheid wat sy aan die armste van armstes in Kalkutta bewys het. Sy het haar hele lewe daaraan gewy om mense in nood te help – ten koste van haarself. Toe ’n jongman haar eenkeer gevra het om hom te leer hoe om ook só barmhartigheid te bewys, was haar antwoord aan hom: “Vind jou eie Kalkutta!”

Rondom jou, in jou eie familie, tussen jou medegelowiges, jou bure, of in die armer gedeeltes van ons dorp, is daar baie Kalkuttas! Daar is só baie mense wat rondloop met seer in hulle lewe, of sonder die nodige kos op hulle tafels. Weet jy hoeveel mense woon as bywoners agter in ander mense se motorhuise? Kan jy jou voorstel hoe moet ’n kind voel om elke dag honger skool toe te gaan – en daar te sien hoe ander kinders hande vol lekkers en koeldrank koop? As jy nog nooit honger of koud gaan slaap het nie, is dit baie moeilik om ander se nood te verstaan. Dit is dalk nodig dat jy jouself afvra of jy regtig weet hoe dit jou broer wat in dieselfde dorp as jy bly, gaan. Bid dat die Heilige Gees ons meer sensitief en opmerksaam maak sodat ons kan begin om mekaar se probleme te help dra. Jy gaan nie sommer raaksien hoe dit met ander gaan as jy nie eers vra dat die Heilige Gees jou oë oopmaak nie. Dit is wat Jesus self van jou verwag om te doen. Begin daaroor te bid!

Ons het mekaar regtig nodig!

Ons het mekaar nodig

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles