Die Lourense se kas ratel van geraamtes wat daar gelaat is deur familiestilswye-dinge oor geslagte heen. SD Fourie skep met Die dooies leef 'n familiesage wat so werklik leef dat dit lesers selfs kan laat afdwaal in die doolhowe van 'n eie familiegeskiedenis.
Hierdie opvolgroman op Die lanternswaaier bring 'n verdieping en 'n storielyn wat vanaf die Strandveld twee Wêreldoorloë oorspan. Deur die lanternswaaier in die mantel, grootouma Sophie, se dagboek en ook dié van haar dogter, Maryna, word die verlede en hede oor tyd- en landsgrense gekoppel.
Hanna Bagiano, agterklein-dogter van Sophie Lourens, is 'n kultuur historiese navorser met 'n passie om haar Strand-veldse voorsate se geskiedenis te ontrafel. Dit trek haar in 'n familiesage in met meer vrae as antwoorde. Die sage ontvou in Hanna se soektog na identiteit aan die hand van Sophie en Maryna se dagboeke. Beide spreek van tragedie, vuurwarm romanse, 'n weerbarstigheid en oorlog. Al is die drie vroue individue uit verskillende generasies, word hul saamgebind deur 'n wilde streep wat moontlik verband hou met die vloek van 'n sterwende matroos. Sy skip is tot stranding gelok deur Sophie se lieglantern. Dít net vir die aas van vrag deur die strandjutter Strandveldboere.Om die verhaal te vertel moes SD groot tydspronge maak. Dit is insigself nie maklik nie, maar sy het vaardig daarin geslaag om die dooies te laat leef. Die storielyn is behou en sy het aan die dagboekskrywers elk hul eie karakter en stem gegee.Die lanternswaaier se mantel, wat die stormskepe se kapteins na die rotse help lok het met 'n belofte van veiligheid, se simboliek kry weer gestalte in die slotgedeelte van Die dooies leef. Is die vloek nou besweer?
Francois de Jongh