Vlugroep van die tawiep

Vlugroep van die tawiep

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jan het hom reeds in vorige publikasies bewys as ‘n besondere essayis en storieverteller.  Van sy boeke is dikwels herdruk, maar sekeres nie. Weens gedurige navraag, het hy besluit om ‘n  keur uit sy werk oor die jare saam te stel. ‘n Tydige en goeie besluit.

Jan het ‘n onortodokse skryfstyl wat so eg soos die Strandveld spreek in die taal van die mense en die landskap.  Ja, mens moet die landskap ook noem, want in sy vertellings word dit ook ‘n karakter.

Hy roep mense  uit  vervloë tyd op met soveel piëteit dat hulle weer sprekend voor jou staan.  Hoor jy die unieke visserstaal en deel jy hul drome. Weergalm die see in jou ore en ruik jy die souterige lug op die vroegoggend wind.

In Vlugroep van die Tawiep is die stories wat die hart raak saamgevat in ‘n kosbare bundel wat jy, besoeker buite die grens van die Strandveld, sal geniet.  Strandvelders sal dit koester en dit, wanneer verlange na  dié verlede en mense knaag, lees en herkou.  En onthou.

Oor meer as ‘n halfeeu het Jan sy liefde met twee wêrelde gedeel. Die Strandveld en Namibië, daarom is beide vervat in die bundel.  Die boek adem sy  herinneringe en verbondenheid  aan die streke van sy hart.

In die bundel wou die ou tawiep solo vlieg.  En ek gun hom dit. Ontkussing jou drome, Jan. Die bekbreek van baie seisoene is vir jou verby – jou eie woorde. Ek sal agter die duin uit die wind uit vir jou wag. Vir die vlugroep van die tawiep.

SD Fourie

Vlugroep van die tawiep

SD Fourie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles