HaS bedank in styl

HaS bedank in styl

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Herberg-aan-See se Algemene Jaarvergadering, wat jaarliks eintlik ‘n “Dankie-sê” funksie is, is vanjaar weer eens as ‘n prestige-funksie aangebied. Die verhoog het pragtig vertoon en die tafels gesellig, met die ete wat deur hulle personeel onder leiding van Marlene van Rooyen aangebied is. Anita van Dyk het as seremoniemeester opgetree, met ds Dirk van Dyk wat die verrigtinge op gepaste wyse geopen het en past Beryll Coetzer wat die tafelgebed gedoen het.

“Wie armsorg verleen, gee ‘n lening aan God,” het Anita gesê. “Barmhartigheid is in almal se harte, maar is dit ook in die hande?” Dames-inwoners van die Tehuis het “Liewe Vader, ons sê dankie…” onder leiding van Aletta Lochner gesing en ‘n staande toejuiging daarvoor ontvang.

Die Bestuurder, John van Rooyen is aan die woord gestel waartydens hy eerstens die Beheerraadslede aan die gaste bekendgestel het en hulle vir hul onbaatsugtige werk en samewerking geloof het. Hulle is Joe Mangiagalli (voorsitter), Wollie Jacobs (ondervoorsitter en finansies), Hennie Lochner (NGK), Flip Geldenhuys (geboue), Len Olivier (personeel), Francia van Dyk (ombudsman, fondsinsameling en Goue Hande), Hermine Groenewald (voorsitter: huiskomitee), Ryan Murtz en Norman Sauls (VGK) en dan John van Rooyen (Bestuurder: HaS).

Met verwysing na die Goue Hande onder leiding van Francia van Dyk het John gesê: “Hulle betrokkenheid by die Tehuis vorm ‘n onontbeerlike basis met alles wat deur hulle vermag word, asook hulle fondsinsamelingsprojekte.” Die bord-embleem en sertifikaat wat vroeër vanjaar deur Badisa aan Gansbaai Goue Hande vir “Vrywilligersgroep van die Jaar” toegeken is, is seremonieel weer aan hulle oorhandig.

Tans sien die personeelstruktuur soos volg daaruit: John van Rooyen (bestuurder), Anita van Dyk (administrasie), Suster Linda Meyer en Stafverpleegsters N Klein en L Henn (verpleging), saam met 14 verpleegpersoneel. In die huishoudelike afdeling is daar 9 personeellede. In totaal is daar tans 57 inwoners: Gang 3 (11), Gang 2 (10), Siekeboeg (17), Nasorg (6) en Woonstelle (13). Die voorsittersverslag van Joe Mangiagalli is in die Jaarverslag opgeneem.

Hy begin met ‘n aanhaling van CH Dodd: “Christelike liefde is die bereidheid om wat waarde het vir my eie lewe prys te gee - sodat dit ook die lewe van ander kan verryk.” Sy verslag het ook vir vele opregte bedankings voorsiening gemaak, wat hy ook later persoonlik aan die gaste voorgehou het.

Hardus Botha

Foto onderskrif: Die knap span, onder leiding van Marlene van Rooyen (4de van regs)

HaS bedank in styl

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles