OVERSTRAND TOPPRESTEERDER IN SA

OVERSTRAND TOPPRESTEERDER IN SA

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Uit die onlangs vrygestelde bevindinge van Municipal IQ, 'n gespesialiseerde data- en inligtingsorganisasie wat op plaaslike regerings fokus, blyk dit dat agt van Suid-Afrika se tien top presterende munisipaliteite in die Wes-Kaap is, met Overstrand wat bo-aan die lys staan, gevolg deur Stellenbosch in die tweede en Steve Tshwete (Mpumalanga) in die derde plek.

Kort nadat hierdie aankondiging die voorblaaie gehaal het, het Overstrand se munisipale bestuurder, Coenie Groenewald, op Vrydag 5 Desember onthul dat Overstrand weer eens 'n skoon oudit vir die 2013/14-boekjaar ontvang het.

In sy dankbetuiging teenoor 'n ieder en 'n elk wat hierdie prestasies moontlik gemaak het, het Groenewald erken dat dit ongetwyfeld regstreeks toegeskryf kan word aan toegewyde personeel wat trots is op hulle werk en met die volle ondersteuning van die Uitvoerende Burgemeester en die Raad as 'n verenigde beheerliggaam saam werk.

Hy kon egter nie nalaat om te maan dat hierdie prestasies geensins beteken dat die munisipaliteit nou sy strewe om aan sy konstitusionele mandaat te voldoen, kan laat slap lê nie. “Daar is altyd ruimte vir verbetering, en ons moet almal aanhou soek na nuwe maniere om goeie staatsbestuur in die hand te werk en te verseker dat ons belastingbetalers en inwoners goeie waarde vir hulle geld kry,” het hy gemaan.

Hierdie ingesteldheid vind aanklank by 'n opmerking deur Karen Heese, 'nekonoom by Municipal IQ, wat daarop gewys het dat die afname in munisipale besteding tydens die 2013/14-boekjaar aanduidend is van resessionêre impakte wat 'n negatiewe invloed op munisipale inkomste het en, derhalwe, hulle vermoë om werk te maak van die aansienklike agterstande wat in beide stedelike en landelike kontekste ervaar word.

Municipal IQ bepaal 'n rangorde vir Suid-Afrika se 278 munisipaliteite na gelang van hulle relatiewe prestasie gegrond op 'n aantal moniteringinstrumente en indekse. Hiervolgens kombineer die munisipale produktiwiteitsindeks (MPI) finansiële en niefinansiële om te bepaal tot watter mate individue in staat is om by die plaaslike ekonomie betrokke te raak, onderwyl die nakoming- en staatsbestuurindeks (CGI) fokus op hoe goed munisipaliteite aan die basiese vereistes vir beplanning, verslagdoening, finansiële bestuur en kapasiteitsvoorsiening voldoen.

Alle provinsies het effe teruggesak op 2013 se MPI-tellings wat grotendeels toegeskryf kan word aan verswakkende besteding, maar effe op die CGI verbeter. Gemiddelde provinsiale tellings op die MPI toon dat munisipaliteite in Gauteng 'n kortkop voor die Wes-Kaap is. Hierteenoor is laasgenoemde se gemiddelde op die CGI weer effe beter as dié van tipiese Gauteng munisipaliteite.

Verblydend wys CGI-resultate 'n gelydelike verbetering in staatsbestuur en nakoming by die meeste munisipaliteite, uitgesonder daardie areas waar die grootste ontwikkelingsagterstande steeds ervaar word, by name vorige tuislande en landelike gebiede.

Dit is egter te hope dat evaluerings soos hierdie, wat beide munisipale suksesse en mislukkings toelig, daartoe sal bydrae om plaaslike owerhede se aflewering in die toekoms te verbeter.

Noluthando Zweni

OVERSTRAND TOPPRESTEERDER IN SA

Noluthando Zweni

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles