OVERSTRAND TOPPRESTEERDER IN SA

OVERSTRAND TOPPRESTEERDER IN SA

Gansbaai Courant

Uit die onlangs vrygestelde bevindinge van Municipal IQ, 'n gespesialiseerde data- en inligtingsorganisasie wat op plaaslike regerings fokus, blyk dit dat agt van Suid-Afrika se tien top presterende munisipaliteite in die Wes-Kaap is, met Overstrand wat bo-aan die lys staan, gevolg deur Stellenbosch in die tweede en Steve Tshwete (Mpumalanga) in die derde plek.

Kort nadat hierdie aankondiging die voorblaaie gehaal het, het Overstrand se munisipale bestuurder, Coenie Groenewald, op Vrydag 5 Desember onthul dat Overstrand weer eens 'n skoon oudit vir die 2013/14-boekjaar ontvang het.

In sy dankbetuiging teenoor 'n ieder en 'n elk wat hierdie prestasies moontlik gemaak het, het Groenewald erken dat dit ongetwyfeld regstreeks toegeskryf kan word aan toegewyde personeel wat trots is op hulle werk en met die volle ondersteuning van die Uitvoerende Burgemeester en die Raad as 'n verenigde beheerliggaam saam werk.

Hy kon egter nie nalaat om te maan dat hierdie prestasies geensins beteken dat die munisipaliteit nou sy strewe om aan sy konstitusionele mandaat te voldoen, kan laat slap lê nie. “Daar is altyd ruimte vir verbetering, en ons moet almal aanhou soek na nuwe maniere om goeie staatsbestuur in die hand te werk en te verseker dat ons belastingbetalers en inwoners goeie waarde vir hulle geld kry,” het hy gemaan.

Hierdie ingesteldheid vind aanklank by 'n opmerking deur Karen Heese, 'nekonoom by Municipal IQ, wat daarop gewys het dat die afname in munisipale besteding tydens die 2013/14-boekjaar aanduidend is van resessionêre impakte wat 'n negatiewe invloed op munisipale inkomste het en, derhalwe, hulle vermoë om werk te maak van die aansienklike agterstande wat in beide stedelike en landelike kontekste ervaar word.

Municipal IQ bepaal 'n rangorde vir Suid-Afrika se 278 munisipaliteite na gelang van hulle relatiewe prestasie gegrond op 'n aantal moniteringinstrumente en indekse. Hiervolgens kombineer die munisipale produktiwiteitsindeks (MPI) finansiële en niefinansiële om te bepaal tot watter mate individue in staat is om by die plaaslike ekonomie betrokke te raak, onderwyl die nakoming- en staatsbestuurindeks (CGI) fokus op hoe goed munisipaliteite aan die basiese vereistes vir beplanning, verslagdoening, finansiële bestuur en kapasiteitsvoorsiening voldoen.

Alle provinsies het effe teruggesak op 2013 se MPI-tellings wat grotendeels toegeskryf kan word aan verswakkende besteding, maar effe op die CGI verbeter. Gemiddelde provinsiale tellings op die MPI toon dat munisipaliteite in Gauteng 'n kortkop voor die Wes-Kaap is. Hierteenoor is laasgenoemde se gemiddelde op die CGI weer effe beter as dié van tipiese Gauteng munisipaliteite.

Verblydend wys CGI-resultate 'n gelydelike verbetering in staatsbestuur en nakoming by die meeste munisipaliteite, uitgesonder daardie areas waar die grootste ontwikkelingsagterstande steeds ervaar word, by name vorige tuislande en landelike gebiede.

Dit is egter te hope dat evaluerings soos hierdie, wat beide munisipale suksesse en mislukkings toelig, daartoe sal bydrae om plaaslike owerhede se aflewering in die toekoms te verbeter.

Noluthando Zweni

OVERSTRAND TOPPRESTEERDER IN SA

Noluthando Zweni

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles