Die koue water lol

Die koue water lol

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ons het die jaar 2014 uitgegaan met geelbek- en kabeljouvangste wat beslis nie te versmaai is nie. Teen hierdie tyd is ons al ‘n paar dae die nuwe jaar in en ongelukkig het vangste heelwat verswak. Die watertemperatuur bly ook nie konstant nie en dis weer ‘n ander storie. Die ouens wat breed glimlag is die manne wat sake reg gelees het en met mooi visse beloon is. Het jy nie die tekens reg vertolk en die nodige aksie gedoen nie, sou dit ook maar broekskeur met jou gegaan het. Wat nou gaan gebeur is dat die vis hopelik nie weg is nie maar deur die koue water verhoed word om behoorlik aan die byt te gaan. Die wilde water wat ons so ‘n week of wat terug beleef het het gesorg dat veral die geelbek aan die byt gegaan het en die manne wat dit see-in gewaag het, behoorlik beloon is. Dit is nie altyd moontlik om volgens die weerpatroon die stand van die see te voorspel nie en daar moet dikwels tot die spesifieke oggend gewag word om sekerheid te verkry. Ook die manne wat pas hul boothengelkompetisie afgehandel het het maar droewig gevaar. Tog was daar ‘n steenbras of so wat sommige ouens laat bors uitstoot het.

Die goeie nuus is dat die kreefgetalle aansienlik toegeneem het, maar van hulle bitterlik klein is. Dit was opmerklik dat die groteres nader aan die kant te vinde was.

Een faktor wat gehinder het was die gewoonte van sommige manne wat uitermatige lang toue uitgelaat het. Dit is so dat ‘n lang tou verseker dat die kreefnet nie baie “beweeg” nie en voordelig is. Die gevaar verbonde daaraan om ‘n ekstra lang tou te gebruik is dat dit maklik raakgery kan word deur ander bote wat die boei vermy deur ver daarvan verby te ry en dan onverwags, gewoonlik met slegte gevolge, die tou raakry en dit in die “prop” beland. Heel onnodig! 

 Die kreefseisoen is nou gesluit tot in April, so versigtig, asb. Weer eens, vir almal ‘n baie goeie jaar. My voorneme? Om meer verdraagsaam te wees, beide op die see en op die pad. En om vreugdes met ander te deel.

Groete, Seemeeu

Die koue water lol

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles