Die geelbek is nog hier

Die geelbek is nog hier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die weer, soos meeste van ons weet, is nie meer ‘n goeie aanduiding van hoe toestande op die see sal wees nie en dit veroorsaak dat om die boot in die see te kry ‘n gewaagde storie word aangesien jy onseker is van omstandighede. Die besluit deesdae

is dus om maar vroeg te gaan en indien nodig, terug te keer wanneer dit om veiligheidsredes nodig word. Daar is ook manne wat dít nie eens wil waag nie en dan so lank van die water bly dat ‘n stil dag op die see (selfs sonder vis) ‘n heel aanvaarbare opsie word. Net om darem ‘n slaggie die plesier te hê van dáár te kan wees.

Oor die algemeen is vangste maar sleg maar die manne wat ken van sal jou vertel van geelbek, snoek, makriel (en ook ‘n mooi witsteenbras) en die dag as hulle nie byt nie die ou staatmakers  -  hotties en roman. Selfs silwervis is nie baie begerig om te byt nie hoewel (en ek het dit nie eerstehands by hom gehoor nie) is daar iewers ‘n skipper wat praat van baie mooi, en sommer ‘n klomp, van hierdie visse. Hy het wel laat val dat dit baie diep is. Op die gewone plekke, en nie so erg diep nie is daar vreeslik marsbankers, en as dit nie ‘n welkome teken is nie, vreet ek my windskeef hoed op!

Daar is eintlik maar net een manier om van hierdie vis in die hande te kry en dit is  --  wees daar. Om te wag tot die nuus van die vis wat loop, uitlek en dan te probeer is nie ‘n goeie plan nie. Liewer daar wees en dalk niks vang nie as by die huis sit en vir seker droëbek bly.

Saterdag was ‘n lieflike en rustige dag, in teenstelling met die see wat baie omgekrap was en net die groter bote kon dit waag agter die geelbek aan. Van hulle het dan ook teruggekeer met redelike vangste. Daar is ook ‘n paar kabeljoue en ander vis gevang. Die watertemperatuur van 18 grade was ideaal. Wanneer die water afplat en ons gewone ouens daar kan kom sal ons moet hoop die vis het nie weer pad gevat nie.

Oppas net vir die deurmekaar water. Die weer bly wispelturig.

Tot volgende keer, Seemeeu

Die geelbek is nog hier

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles