Rolbalnuus (29 Jan 2015)

Rolbalnuus (29 Jan 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope Saterdag, 24 Januarie, het Franskraal rolbalklub weer 'n baie suksesvolle geborgde ope driespel kompetisie aangebied. Ons borg vir die dag was Boland Makelaars. 

Sestien spanne het meegeding om, aan die einde van die dag, as wenners uit die stryd te tree.  Ons is vereer met besoekende spanne van sover as L’Agulhas (5), Paarl (1), Robertson (1) en Riviersonderend (2).  Baie dankie vir julle ondersteuning.  Julle teenwoordigheid het meegehelp om luister aan hierdie dag te verleen.  Franskraal Rolbalklub is deur sewe spanne verteenwoordig.

Die eerste wedstryde van die dag is op 'n gelote basis oor 12 koppe gespeel, waarna die volgende wedstryde op 'n sterk teen sterk basis afgehandel is.  Hierdie reëling bring mee dat die sterkste span aan die einde van die kompetisie as die wenner uit die stryd tree.  Aan kompeterende rolbal was daar geen tekort nie.  Alle deelnemende spanne het hul bes probeer om hul opponente te uitoorlê en goeie rolbal is gespeel.  Vir ons besoekers was daar dus oorgenoeg spannende wedstryde om te aanskou.  Die wenners van die dag was die span van Elsa van Tonder en haar span bestaande uit Cecile Beyers en Vincent van Tonder van L’agulhas, met in die tweede plek Betsie van Zyl en haar span van Riviersonderend.  Die derde plek is beklee deur die span van Dawie Beyers, ook van L’agulhas.  Baie geluk aan hierdie spanne.  Verblydend om te sien, was die aantal beginner rolbalspelers (novises) wat deelgeneem het. Ondervinding opgedoen by sulke geleenthede sal hulle in die toekoms baie goed te pas kom.

 Baie dankie aan Rouxdolf Mostert van Boland Makelaars vir die pragtige borgskap vir hierdie dag.  Sonder borgskappe  soos hierdie sou Franskraal Rolbalklub nie in staat gewees het om sulke kompetisies  aan te bied nie.  Boland Makelaars is al geruime tyd reeds een van ons getroue ondersteuners.  Rouxdolf, baie dankie vir julle volgehoue betrokkenheid by Franskraal Rolbalklub en vir jul belofte om in die toekoms weer by ons klub betrokke te wees.  Julle ondersteuning word baie hoog op prys gestel.

Ek sal my plig versaak as ek nie, langs hierdie weg, my hartlike dank uitspreek teenoor so baie van ons klublede wat hand opgesteek en hulle deel gedoen het om van hierdie dag 'n baie groot sukses te maak nie.  Daaronder tel ons mans verantwoordelik vir die voorbereiding van bane en uitsit van die telborde; Die dames verantwoordelik vir die voorbereiding van die vyfsterete en die hantering van lootjielys en pryse;  Una Conradie wat die tellings, die aanwys van bane vir spel, die uitwerk van die punte en wenners, asook ander posisies behartig het;  Ons manne by die “22nd End” vir die koue vloeibare verversings;  en laastens alle ander klublede wat op een of ander wyse by hierdie byeenkoms betrokke was. 

My hartlike dank aan julle vir julle opoffering en harde werk.  Dit gaan nie ongesiens verby nie.  Ons is werklik trots op elkeen van julle.  Baie dankie ook aan ons bestuur vir al julle werk tydens die vooraf  beplanning vir hierdie byeenkoms. Dit word opreg waardeer.

Ter afsluiting.  Ons Besigheidsliga neem op die 4de Februarie 'n aanvang en ons het al heelwat besighede en ander instansies wat daaraan gaan deelneem. 

Tyd vir inskrywings word nou baie kort en ons moedig spanne wat nog wil inskryf aan om dit so gou moontlik te doen, aangesien beskikbare plek nou min word. 

Kontak gerus vir  Marius de Wit by 0829260892 of Jane de Villiers by 0761262956 vir inskrywings. 

Rolbalgroete tot 'n volgende keer.  Philip Malherbe 

Rolbalnuus (29 Jan 2015)

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles