Selfs al doen GOD niks, is Hy nog besig om te werk

Selfs al doen GOD niks, is Hy nog besig om te werk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“ 'n Psalm van Dawid.  Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, HERE? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring?” (Ps. 13:1,2)

“Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My GOD, my GOD, waarom het U My verlaat? (Mat 27:46) 

Het jy nie al baie kere soos Dawid gevoel hier in Psalm 13 nie? Jy roep na GOD in jou noodsituasie – maar Hy antwoord jou nie en jy hoor beslis nie Sy stem nie! Jy is nie alleen nie. Die meeste gelowiges gaan deur dieselfde worsteling. Dit lyk regtig nie asof GOD ons gebede beantwoord nie. Ja wel, ons hoor van baie mense wie se gebede verhoor is, maar dit voel asof die HERE van jou af wegkyk, nê? (Ps. 13:1)

Ek wonder hoe moes Jesus gevoel het toe Hy aan die kruis gehang het en na GOD roep en ons weet ook daar het GOD Hom nie geantwoord of gehelp nie! Hoe dan nou? Sê die Bybel dan nie uitdruklik op baie plekke dat GOD ons gebede sal beantwoord nie? Weerspreek die Bybel homself? Beslis nie. Ons moet altyd na die groter prentjie kyk.

As jy verder lees in Psalm 13 sal jy by die verse uitkom waar Dawid die HERE prys vir Sy getroue liefde en die feit dat Hy nog altyd aan hom goedgedoen het. “Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.” (Ps. 13:5,6)  Al roep Jesus in Sy nood na GOD en GOD antwoord nie, is Jesus se volgende woorde baie meer belangrik. Onthou jy dit? “Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.” (Luk 23:46)

Wat gebeur in al twee hierdie gedeeltes? Dawid prys die HERE wat op Sy tyd die uitkoms gee en weer aan hom sal goeddoen. Jesus weet dat GOD se plan met Hom en die wêreld die grootste daad van liefde en vergifnis is – en daarom gee Hy sy gees aan GOD oor – ja, hy berus in GOD se plan met Hom. 

Wanneer dit vir jou lyk asof GOD nie jou gebed beantwoord of dat Hy na jou luister nie, moet jy altyd onthou om na die groter prentjie te kyk.

GOD is in beheer van elke situasie. Hy weet die beste.

Hy gee die beste. Sy plan met jou is besig om uit te werk. Begin nou om Hom te prys vir Sy liefde en Sy trou!

Selfs al doen GOD niks, is Hy nog besig om te werk

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles