Soek die HERE se teenwoordigheid 3

Soek die HERE se teenwoordigheid 3

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Soos die Vader My lief het, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.”  (Joh 15:9,10)

 Mag ek jou vra? Ervaar jy in jou lewe regtig dat die HERE teenwoordig is? Waar jy loop of ry of bly, kan jy met sekerheid sê dat GOD naby jou is? Ek vra hierdie vrae omdat so baie ernstige gelowiges baie  tye van onsekerheid ervaar en ook wonder oor ander gelowiges wat só maklik sê: “Die HERE het vir my gesê...” of  “Ek het GOD se teenwoordigheid so intens ervaar...”  Kom ons kyk vandag hoe die Bybel self sê dat jy die HERE se teenwoordigheid kan soek.

Dalk onthou jy dat ons verlede week gesê het dat ons nie ’n gesonde verhouding met ons kinders, huweliksmaat of werkgewer/werknemer kan hê as ons nie gedurig tyd maak om met hulle te kommunikeer nie. En dit werk net só met ons verhouding met GOD. Ons moet tyd maak om rustig met Hom te kommunikeer en iewers op ’n stil plek tyd saam met Hom spandeer. Maar hoekom wil jy tyd bestee met jou kinders, huweliksmaat of geliefdes? Sekerlik omdat jy hulle lief het, is dit nie? Hoe meer my liefde vir my vrou groei, hoe meer wil ek tyd saam met haar spandeer.  Ek wil niks van haar hê, of verwag dat Sy iets vir my moet doen nie. Ek het haar lief omdat sy vir my kosbaar is. Ek voel só goed as ek saam met haar is!

Jy sal daarom agterkom dat jou verhouding met die HERE alleenlik kan groei as jy Hom lief het, soos Jesus ook sê Hy Sy Vader lief het. (Vgl. Johannes 15:9,10). Hierdie liefde gaan nie oor wat GOD vir jou kan doen, of allerhande dinge wat jy van Hom verwag nie, maar suiwer omdat Hy GOD Almagtig en Genadig is. Dit gaan oor Hom en nie oor jouself nie. (Joh. 3:30) Jy het Hom lief omdat jy weet Hy getrou is en alles vir jou ten goede laat uitwerk. (Rom. 8:28) Jy lees jou Bybel en hoe meer jy agterkom wat GOD alles is en doen, hoe meer groei jou liefde vir Hom. Die wonderlike wat dan gebeur is dat hoe meer jy alles aan Hom oorgee en toelaat dat Hy jou lewe beheer, hoe meer jy Hom net wil lief hê omdat Hy jou HERE is – en hoe meer ervaar jy Sy liefdevolle teenwoordigheid in jou lewe!

Jesus sê: “Bly in My en voer my opdragte uit!” (Joh. 15:10) Jy moet Sy Woorde in die Bybel lees en Sy opdragte uitvoer! Ja, Jesus het Sy lewe vir ons afgelê omdat Hy ons lief het. As jy in Sy teenwoordigheid bly (met Sy Gees wat in jou bly!) kan jy nie anders as om jou naaste, jou vriende en ja, ook jou vyande, lief te hê nie. Sonder hierdie liefde kan jy nie GOD se teenwoordigheid werklik ervaar nie! GOD is liefde!

Soek die HERE se teenwoordigheid 3

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles