Eers dood dan die ware lewe

Eers dood dan die ware lewe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dis 'n dom vraag! Wat jy saai, kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie.” (1 Kor. 15:36) 

“want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.” (Fil. 1:21)

Die Christelike geloof is darem ’n snaakse geloof, is dit nie? Alles klink so heeltemal anders as die ander gelowe wat jy in die wêreld kry. Kyk nou maar na die vers hierbo: “want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins” (Fil. 1:21) Op ’n plek sê Jesus: “want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.” (Luk 9:24) Hoe is dit moontlik? As jy doodgaan is dit vir jou ’n wins? Jy moet jou lewe verloor sodat jy dit kan behou? Die wat laaste is, sal eerste wees? Snaaks nê? Ons dien die enigste ware GOD wat daar is, maar Hy laat Sy geliefde Seun deur die grootste pyn en smart gaan en laat Hom aan ’n kruishout vasspyker! Jong, nou raak dit nog meer eienaardig vir my! Wat dink jy?

As kinders het ons grootgeword met die “Liewe Jesus” – gebede. Dit het só mooi en romanties geklink om te bid en ons hartjies vir Jesus te gee. Alles was só mooi! Maar soos ons ouer geword het en die pyn en lelike kant van die lewe leer ken het, het ons al meer besef dat alles nie só mooi en maklik is nie. Totdat ons almal op ’n dag voor die kruis gaan stilstaan het, opgekyk het en gesien het hoe verskriklike lyding Jesus moes deurgaan. En as jy mooi daaroor nadink besef jy dat jy en ek die oorsaak was hoekom Hy moes sterf. Die kruisiging het nie sommer gebeur nie – dit was spesiaal vir jou en my! Jesus moes sterf – sodat deur Sy dood en opstanding daar vir ons ’n nuwe lewe kon begin.

Dis nou vir my al amper verstaanbaar wat by Golgota gebeur het: ’n Saadjie wat in die grond geplant word moet eers doodgaan voordat daar ontkieming en groei kan plaasvind. Dis die wet van die natuur. ’n Ou boom sterf en verrot en gee weer nuwe lewe aan die grond waar dit val. Netso moet ek en jy eers die ou, sondige lewe afsterwe, sodat ons, gevul met die Heilige Gees, kragtig kan begin lewe in die Naam van Jesus Christus. Jy moet eers iets opgee, weggee, voordat jy die ware lewe in Jesus Christus kan kry!

Moet nie toelaat dat hierdie Paastyd verbygaan sonder dat jy heeltemal doodgegaan het nie. Sterf jou eie selfsugtige begeertes en gedagtes af sodat jy gevul kan word met nuwe, liefdevolle gedagtes en optredes. Die kruisiging van Jesus het net één maal gebeur – maar jy moet elke dag jou weer en weer aan GOD oorgee! Doen dit asseblief!

Eers dood dan die ware lewe

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles